rR
ronelvermaak R

1 reviews | Active since Mar 2017

10 Mar 2017, 11:30

Hoe moet mens afstandsleer met 'n afwesige Unisa?

<p>Ek weet nie hoe Unisa nog 'n bestaan maak nie. Ek het einde November aansoek gedoen vir 'n Honneurs kursus by Unisa in Potchefstroom. Van daardie aansoek af besoek ek elke week Unisa nogsteeds met n onbeantwoorde vraag, of my aansoek suksesvol was? Elke week sê die hoof van die Unisa tak in Potch, hy het dit deurgestuur hoofkantoor toe en het nog niks terug ontvang nie- ek moet volgende week weer kom. Elke week is ek terug vir nou meer as 3maande en die sluitingsdag is vandag 10 Maart. So tot vandag toe het ek nog nie eers 'n epos ontvang om te sê ons het jou aansoek ontvang nie. Ek het al direk vir die Honneursdepartemant ook gee-pos sonder enige terugvoer. Ek het al die nodige kwalifikasies om gekeur te word, maar hulle diens is pateties en veral as die hoof van n tak nie eers weer wat aangaan nie. Hoe dan gemaak?</p>

0
Replies (0)