1 reviews | Active since Mar 2016
Ten spyte van ...
<p>Ons het blyplek gesoek vir die naweek van die 22ste April om saam te bid in Bloemfontein - 'n week voor die tyd! Tussen al die 'rejections' kry ek die e-pos van 'n nuwe gastehuis wat oopmaak. Niks is in plek nie maar dis 'n bed en ons kan ontbyt eet. Wat 'n aangename naweek was dit nie... Tarien het uit haar plek gegaan om ons tuis te laat voel. My haardroeër het agtergebly en sy het hare vir my gebring 5uur in die oggend!! Sy het ook uit haar plek gegaan en vir ons ontbyt gemaak sodat ons 6uur kon eet voor ons uitgery het vir die biddag. Hulle vriendelikheid en behulpsaamheid het 'n groot deel uitgemaak om die naweek werklik te laat uitstaan as 'n onvergeetlike ervaring.... Baie dankie Tarien!</p>
