JR
Jenny-lee Reyneke

1 reviews | Active since Sept 2017

19 Sept 2017, 08:31

NEVER USE UNIPROP REAL ESTATE EVER AGAIN

Wie dit mag aangaan

Ek, Jenny-lee Reyneke is tans baie onsteld oor die diens wat ek van Uniprop Boksburg af ontvang. Ek was vir 2 jaar n lojale huurder, nie een keer was daar laat betalings nie, die plek was heeltyd instand gehou en het alle reëls en verwagtinge vanaf Uniprop nagekom. Ek voel dieselfde kan egter nie van die agentskap gesê word nie. Volgens my ****rak moes my deposito plus rente 7 dae na my ****rak verstryk terug betaal word aan my. Dit sou ek dan ook gebruik as my deposito vir my nuwe plek waar ek dan sou wou intrek. Dit was nie die geval nie. Nadat ek navraag gedoen het oor my deposito wat 2 weke terug al inbetaal moes wees, het Ronellda Cronje ‘n agent van Uniprop Boksburg egter beweer dat daar talle probleme opgeduik het met die “exit inspection” (waarvan ek deel was e nook in kennis gestel is van geen onreelmatighede). Daarna het ek haar ge****ak om duidelikheid oor die saak te gee. Volgens die eerste inspeksie toe ek in 2016 ingetrek het in Thorney Croft nommer 13 was presies dieselfde probleme genoteer op die inspeksie. Daar was egter geen teregstellings tydens my huur termyn nie. Ek het selfs gedurende my termyn navrae gedoen oor wanneer die terregstellings sou plaasvind, daar was keer op keer slegs vir my gesê dat Uniprop my sal ****ak i.v.m. die teregstellings. Dit het ook ongelukkig nooit gebeur nie. Daarom het ek die agent aangeraai om weer na die vorige inspeksie te kyk. Die agent het my ge****ak en gesê dat sy toe wel die eerste inspeksie se ver**** opge****r het en het my dadelik gevra vir my bankbesonderhede sodat my deposito oorbetaal kan word. Weereens was dit egter nie die geval nie, en was daar beweer dat ek die eenheid se DSTV skottel gevat het. My deposito plus rente sou dan aan my oorbetaal word sodra die skottel terug besorg word. Ek was eers nie seker nie omdat ek nie alleen verantwoordelik was vir my trek nie. Nadat ek die boodskap gekry het, het ek dadelik gaan kyk vir die skottel wat nog gestoor was in my nuwe motorhuis. Toe ek die skottel op****r het ek dit dadelik na die huurder geneem en die agent in kennis gestel. Ek het toe geglo dat ek al die ooreenkomste nagekom het en dat my deposito aan my oorbetaal sou word. Weereens was dit egter nie die geval nie. Daar was toe van my verwag dat ek die skottel eers weer moet installeer voordat Uniprop Boksburg my deposito aan my terug sal betaal. Uniprop Boksburg het my in kennis gestel dat hulle eers kwotasies by DSTV maatskappye oor die instellasie van die DSTV skottel sal kry en dat die bedrag dan van my deposito afgetrek sou word. Daar was dadelik vir my gesê dat die goedkoopste kwotasie R500 sou wees. Ek het egter self navraag gedoen en het toe ‘n kwotasie van Kruger Electronics gekry wat R350 sou wees. Ons het toe wel self gegaan om die skottel tenminste net weer op die muur hakkie vas te maak. Toe ons daar aankom en die skottel kry om op te sit was die “LNB” ogie stukkend (vind aangheg die foto van LNB ogie). Volgens my kennis was dit egter nie so nie want in die tydperk wat ek en my kerel (Pierre Bezuidenhout, wat tans nog in ‘n eenheid by Thorney Croft woon en ook die ****rak van eenheid 13 saam met my gedeel het) het hy sy eie DSTV subskripsie gehad en het hy ook sy eie skottel opgesit en die van die eenheid afgehaal. Toe hy vroeer vanjaar trek het hy egter nie die eenheid se oorspronklike DSTV skottel terug op die hakkie gesit nie. Ek het tans gladnie my eie DSTV subskripsie en het ook nog nooit gehad nie en daarom het ek geen agting gehad vir die skottel nie omdat ek hom nooit sou gebruik het nie. Ek voel dis onregverdig om van my te verwag dat ek verantwoordelik gehou word vir dinge wat geen betrekking tot my direk het nie. Dit voel ook asof die proses van my deposito oorbetaling opgehou word met die hoop om nie die volle bedrag aan my oor te betaal nie. Elke keer duik daar glo ‘n nuwe probleem op. Ek kan nie help om te glo dat Uniprop Boksburg die proses gebruik tot hul eie voordeel. Ek glo ook dat as ek nie die agent se woord gevat het vir die “exit inspection” (wat talle onreelmatighede getoon het) nie, sou ek min tot geen oorbetaling van Uniprop ontvang het nie. Ek is uiters teleurgesteld in die diens en samewerking wat ek ontvang van Uniprop Boksburg. Ek vereis dat al die verslae van die begin van my huur****rak by Thorney Croft tot en met die verstryk daarvan aan my gestuur sal word. Hoop dit kan tereggestel word anders sal ek die saak maar opneem met hoofkantoor.

0
Replies (1)
UNIPROP Real Estate
UNIPROP Real Estate's reply30 Jan 2019, 09:03
Official
Hi Jenny-Lee.
Ons het nooit enige verdere klagtes ontvang by hoofkantoor nie, so ons neem aan die probleem is uitgesorteer.