1 reviews | Active since Nov 2016
Oneerlike DSTV Installeerders in Lime Acres NC
Johnny van Tyrons Digital Installers ****ak ons nadat ons n Price lock gedoen het. Hy sê hy moet die instalasie kom doen en maak n afspraak. Volgende dag daag hy nie op. Ek bel hom en vra waar is hy. Sy verskoning: "Ek het u man se nr verloor en kon nie bel om te sê ek kan nie die afspraak nakom nie" So maak hy weer n nuwe datum, en daag weer nie op. Sy verskoning die keer is dat hy nie voorraad het (Skottel en Smart LNB) - maar hy sal die konneksies en setup kom doen aangesien ons reeds n Explora het. Die voorraad wat hy skuld sal hy vir ons bring. (Dit was begin Januarie 2018). Ons trek nou al by einde Februarie en kry NIKS. Net verskonings hoekom hy nie die goed kan gee nie. Ek het DSTV nou al miljoene keer gebel, en elke keer sal dit eskaleer na "Fieldservices". Elke keer n nuwe verwysingsnr. Wat moet ek doen om ons goed uit die man te kry?? Hy is geakkrediteer by DSTV. Nou wat nou??
