1 reviews | Active since Oct 2017
Hulle het my kar gebreek en wil nie verantwoording neem nie
Ek het my motor op die 19/12/2017 na Tyreman Auto Centre oorkant Northpine Brackenfell vir n wheel alignment geneem. Die volgende dag moes ek die motor terug neem (rede vir alignment: Die motor ry nie reguit nie, dit gaan skuins ). Die bestuurder van Tyreman Auto Centre se toe aan een van die werkers (ek glo nie hy het n bestuurders lisensie nie), om die motor te toets of dit wel skuins gaan, oppad terug vanaf die Hypermarket vrek die motor op die brug... die clutchkit is uitgebrand, die motor word terug getou. Die bestuurder bel my by die werk en verduidelik wat gebeur het en sê as ek die motor wil reg hê dan moet ek R3900.00 betaal. Ek was so kwaad ek kon nie glo wat ek hoor nie... Daar was NIKS fout met die clutchkit nie, 'n mens kon sien dit was ingeforseer, want die gear lever kop was afgebreek, dit het op die grond gelê. Ek het my motor in November na Super Quick geneem om my brake en clutch te toets en hulle het gesê daar is niks fout nie, al wat hulle opgetel het was dat my voorste shocks klaar is. Ek het nuwe shocks gekoop en dit laat opsit. Die eienaar en bestuurder van die plek wil nie verantwoordelikheid vat nie, hulle sê dit is my verantwoordelikheid en dat die clutch seker besig was om in te gee. Ek wonder as ons dit met een van hulle voertuie gedoen het of hulle ook so op sou getree het. Hulle is arogant en het GEEN kliente diens nie, het ook geen mense kennis nie en is ongeskik. Ek persoonlik sal al my vriende, kollegas en familie afraai om na hulle toe te gaan.
