HGvdM
Hendrik Gerhardus van der Merwe

1 reviews | Active since Nov 2014

09 Jan 2020, 14:21

AUTOMOTIVE

Ek het n motor by Trivia Motors in Germiston gekoop . N 2012 Kia Sportage 2l auto , hul het die motor vir my deur gebring Sasolburg toe . Nadat die verkoopsman genaam Danie my verseker het die Kia is in n uitstekende toestand met net 86000 km . Die 5de Nov2019 het Danie en Micheal vir my die motor deur gebring . Ek het n draai moet die motor gery en nie veel agter gekom nie . Hul was baie hastig dat ons die Geld moes gaan oor betaal by FNB . Terug by die huis was hul in so n haas net n koevert met papierwerk in my hand gedruk en hul is daar weg . Ek is gedeeltelik in n rystoel as gevolg van my linker been wat geamputeer is . Wat n Groot ontnugtering toe ek die kar gaan registreer . Toe is dit n 2010 model en praat nie eers van al die foute wat ek toe op die Kia kry . Was geadverteer met n Motor Plan en n volledige Service plan . Toe is daar glad nie eers so iets nie . Moes wiper blades vervang daar was nie n Jack in nie , vers****ende bande , n petrol lek as jy die tank vol maak . En dat die agterste propshaft nie eers daar is nie . Was vining om die voertuig aan my te verkoop nou wil hul NIKS weet van my nie . So ek waarsku almal AUB wees op die uitkyk as jy n Voertuig by TRIVIA MOTORS GERMISTON aankoop . Hendrik vd Merwe : ***

0
Replies (0)