GC
Geraldo C

1 reviews | Active since Jun 2026

10 Jun 2026, 12:44

*Tracker Connect — Weier Hulp Met Gesteelde CZC351NC Sonder SAPS Saaknommer | Besigheid Vernietig | 0/5*

*Datum van Voorval: 07 Maart 2026* *Voertuig: 2022 Toyota Quantum CZC351NC* *Eienaar: Geraldo Coetzee, GERALDO COETZEE TRADINGS, Upington*

*Wat gebeur het:* Op 07/03/2026 is my Toyota Quantum CZC351NC gesteel in Upington. Die voertuig het ’n aktiewe Tracker Connect eenheid gehad.

*Diensversuim deur Tracker Connect:* 1. *Geweier om te help sonder CAS nommer:* Toe ek Tracker Connect bel om die diefstal te rapporteer, het hulle geweier om die voertuig op te ****r of ’n herwinningspan uit te stuur voordat ek ’n SAPS saaknommer verskaf. 2. *Kritiese tyd verloor:* In voertuig diefstal is die eerste 60 minute goud werd. Terwyl ek by SAPS in ’n tou gestaan het vir ’n CAS nommer, het die diewe tyd gehad om die voertuig oor die grens te vat of die eenheid te verwyder. 3. *Geen pro-aktiewe hulp:* Tracker het geweet die voertuig beweeg sonder magtiging. Ek het geen "unauthorised movement alert" of oproep van Tracker ontvang nie. Ek moes hulle bel. 4. *Geen terugvoer:* Tot vandag toe, 09 Junie 2026, het Tracker Connect my nooit ’n skriftelike ver**** gegee van die voertuig se laaste sein, of watter pogings aangewend is nie. 5. *Steeds debiteer:* Tracker debiteer steeds my rekening maandelikse fooie vir ’n diens wat nie gelewer is nie, vir ’n voertuig wat weg is.

*Gevolg van Tracker se weiering:* Omdat CZC351NC nie herwin is nie, het ek 50% van my besigheid se inkomste oornag verloor. 3 dae later op 10/03/2026 is my 2de taxi ook gesteel. Ek kon nie die skade stop nie. Ek moes ander bates verkoop om te oorleef en staar nou totale besigheids-sluiting in die gesig.

*As Tracker Connect op 07/03/2026 onmiddellik opgetree het soos hulle adverteer "24/7 Vehicle Recovery", kon ek dalk my besigheid gered het.*

*Wat Tracker Connect moes gedoen het:* 1. Onmiddellik voertuig op****r sodra ek diefstal rapporteer, met of sonder CAS nommer. SAPS nommer kan later volg. 2. Herwinningspan aktiveer binne minute. 3. My pro-aktief bel by "tamper" of "unauthorised movement". 4. Volledige insident ver**** binne 24 uur. 5. Debietorders stop sodra diefstal bevestig is.

*Huidige Status:* Voertuig CZC351NC is steeds vermis. Geen hulp van Tracker Connect ontvang nie. SAPS CAS nommer is beskikbaar, maar dit was te laat weens Tracker se beleid.

*Aan ander vlooteienaars:* Moet nie op Tracker Connect staatmaak as jou besigheid van jou voertuie afhang nie. Hulle "CAS nommer eerste" beleid maak hulle diens nutteloos in ’n regte noodgeval.

*Eis:* Ek eis ’n volle ondersoek, skriftelike ver****, en vergoeding vir besigheidsverlies weens diensversuim.

0
Replies (2)
Tracker Connect
Tracker Connect's reply10 Jun 2026, 12:49
Official
Hi Geraldo Ruzano Coetzee, 

We humbly apologize for the bad services rendered from our end, as this is not the service that we aspire to provide. Please accept our apologies for the delays and frustrations experienced.

We are in receipt of your query and would like to thank you for taking the time to bring this to our attention.
 
It is our intent to help you reach a prompt resolution of this matter.
 
We will revert to you shortly.
 
Tracker Connect^SM


Tracker Connect
Tracker Connect's reply23 Jun 2026, 11:34
Official
Good day Mr Coetzee,

This is to confirm that we have made contact with you. We advised the reasons of why we require a police case number before we can assist.

We also send you an email to finalize your concerns raised.

Kind regards ^TP