SvdW
Stella van der Walt

1 reviews | Active since Oct 2023

13 Oct 2023, 15:23

TRA-LUA SOLUTIONS

Ek het spesiaal hier geregistreer vandag om 'n review te los vir die *****ste besigheid in SA.

Enige iemand wat met Tra-Lua Solutions deel, wees gewaarsku. Hulle is slinks, arrogant, bombasties en gee nie om wat nie solank hulle jou kan dreig en geld invorder vir items wat nie eers bestel is nie. Hulle bel om hul produkte aan jou te bemark, sodra jy sê jy stel nie belang nie dan bied hulle 'n "sample pack" aan. Ek het dit van die hand gewys en dit was steeds deur die koerier by my afgelaai 'n paar dae later. Ek wou dit dadelik terugstuur maar die koerier het gese hulle het direkte opdrag van Tra-Lua om geen items terug te neem nie. Ek het hulle kantore gebel wie aan my bevestig het dat geen betaling nodig is nie en dat dit die beloofde "sample pack" is (wat ek steeds van die hand gewys het vir die hoeveelste maal). Ek word nou verantwoordlik gehou vir duisende rande vir die sogenaamde bestelling wat ek volgens hulle geplaas het en word nou gedreig met prokureurs, skuldinvorderaars en so meer.

Ek ontvang maklik 30 oproepe per dag vanaf Tra-Lua Solutions met dreigemente. Ek sukkel om dit terug te stuur na hulle want die fisiese adres bestaan nie. Ek het nou 'n formele klag gelê teen Tra-Lua Solutions by die CGSO. Ek hoop op 'n positiewe uitkoms vir my asook vir almal wat deurgeloop het by hierdie maatskappy.

0
Replies (0)