1 reviews | Active since Feb 2015
Stadige swak diens
<p>In April het ons 'n t****ehandse Hilux by 'n verkoopsman gekoop. Baie vinnig om die kar tot vir ons te kom wys. My man het nog gevra watse dealership is dit? Toe antwoord die man hom: watse dealership? ons is DIE dealership, die grootste en beste Toyota! Daar was gese die voertuig is nog nie klaar nie, hulle is besig om alles reg te maak op die bakkie. So besluit ons toe om hom te vat. Die advertensie op hul webtuiste was nie reg nie, die bakkie was geadverteer met 'n syltjie, en toe het hy nou nie een nie. Ek het gese dit is vals advertensie! Hulle het gestry tot ek later gese het, los dit, ek sal een bykoop. Glo foutiewe advertensie - nie my probleem nie! Met ontvangs van die voertuig was als nog nie reg nie en ek het amper 'n uur gesit en wag vir die voertuig want toe is van die parte nog nie daar nie. Ek het die bakkie gevat, en ons het later die aand die parte by verkoopsman se huis opgetel. Ons het ander probleme uitgewys, die 4x4 lever se cover was los, die drywer kant se spieel was stukkend en het sommer 'n gewone stuk spieel vas gesilicone - daar was gese hy het dit nie gesien nie, maar snaaks dat hy wel die flikker liggie op die spieel bestel het. Die rubber vir agtervenster het 'n clip benodig, toe bestel hulle die verkeerde part, en druk hom toe maar net vas en se hy is nou reg. Hy is nogsteeds nie reg nie. Die lever cover is reggemaak, ons het self die tonneau cover opgsit en hulle het die spieel vervang en gese ja nou maak hulle maar 4000 uit die voertuig, dis nie my skuld nie! Die voertuig was nie soos hul gese het nie en ek moes reeds ekstra betaal vir die cover wat geadverteer was saam bakkie maar nie bygekom het nie. Toe het hulle 'n warranty claim ingesit op die mat. Goed, ek neem die voertuig in 10:30. Hy het gese dit vat so uur om dit in te sit, en ek se toe dit is reg, daar is dan genoeg tyd want ek werk tot 3 uur. Intussen het hulle ons laat weet hulle het die verkeerde extended warranty aan ons verkoop. Teen 14:10 het ek 'n epos gestuur om te hoor of die voertuig gaan reg wees, geen reply, ek s***el toe teen 14:20. Toe ek 15:15 daar kom toe se die verkoopsman dat hulle amper klaar is en die voertuig gaan afbring. Ek het gewag. Dit was reeds 'n frustrasie want ek het die bakkie vroeg ingevat sodat ek die middag net die bakkie kan optel. Teen 16:00 toe se hy nee hulle bring hom nou. So elke keer net 'n nuwe lieg storie. As hy vir my gese het toe ek daar kom dat hulle nie begin het nie, of net eerlik was het ek maar gevra vir 'n leenkar en die kar die volgende dag kom haal het. Maar nee. 'n Uur en 20 minute later toe verloor ek dit! Julle laat my wag soos 'n poephol en vat my vir 'n fool.! Ek het gese hul mors my tyd.! Toe was daar gese ja maar dis nie 'n klein stukkie mat nie! Ek gee nie om nie! Hou dan op lieg en my laat wag soos 'n idioot! Swak diens! Hulle sien my nooit weer nie! Beste grootste dealership se agterent na my mening!</p>
