AW
Anneli W

1 reviews | Active since Mar 2011

17 Jul 2019, 12:59

TOTAL N12 POTCHEFSTROOM

My dogter het gisteraand 00:48 by Total Potchefstroom gestop op die N12 om vir haar 'n koffie te koop by Mugg and Bean. Sy het perongeluk haar sleutel in die kar toegesluit. Die dame wat die aand aan diens was, was so ombeskof en het die heeltyd vir haar gesê sy kan nie daar staan nie en sy moet haar kar wegneem. My dogter was in trane want sy het nie geweet wat om te doen nie en kon niemand in die hande kry om haar te help om net haar spaar sleutel te gaan haal by die huis nie, wat letterlik 'n kilometer weg is. Sy het in die badkamer gegaan en die vrou het die heeltyd ingekom en haar gevra wat gaan sy nou doen en sy kan nie daar binne wag nie, sy moet buite in die koue wag. Een van die sekuriteitsmaatskappye het toe daar aangekom en haar kom help. Dis nie die eerste klagte wat ek hoor van Total Potchefstroom nie. Verlede week het 'n man daar aangekom met 'n papwiel en hy moes sy kar van hulle perseel af stoot omdat dit nie daar mag staan nie. Hoe kan mens 'n 21 jarige kind in die nag laat buite staan en haar nie eens probeer help of kalmeer nie. Total sal ons nooit weer sien nie. Julle kan maar op Potchefstroom se Hallo Pietie gaan kyk oor al die klagtes van daai Total garage

0
Replies (0)