1 reviews | Active since Nov 2020
**** Toldos International Trade - Verkoopsman MR Moses Heeden
More
Sien bewys van e pos gestuur en ontvang. Bewys van betalings gedoen aan die maatskappy. Alle Whatsapp boodskappe gestuur aan en van my.
Koop van Neute by Toldos International Trade
Het bestelling met die nodig 50% deposito betaal maar het tot op hede geen Neute of my Deposito van R 8520 + R7828 = R 16,348 terug ontvang nie.
Ek het deur Facebook op n blad wat wereldwyd met Neute besigheid doen MR Moses Heeden ontmoet waat hy vir my gese het dat hy my kan help met die aankoop van Neute u Suid Afrika. Die besigheid ( Toldos International Trade ) is in Johannesburg gelee.
Ek het toe die 30ste September met hom op Whatsapp in verbinding begin tree en inligting en pryse gevra.
2de Oktober het ek vir hom my bestelling gestuur.
6de Oktober het toe terug gekom en gese ek mag nie die neute kom haal nie die Direkteur se hy vat net besoeke as ek “ Bulk “ koop.
7de Oktober het hy my order “ Confirm “ met die nodige pryse. Hier se hy “ Payment terms, 50% TT advance against Invoice and 50% after delivery “
8ste Oktober het ek die 1ste betaling van die 50% deposito gemaak aan Toldos International twv R8520
8ste Oktober het MR Moses my laat weer die direkteur aanvaar nie die order nie, dit is te klein ek moet meer as 1 ton bestel. Waar hy my gevra het vir my bank besonderhede laat hulle die gelde vir my kan terug betaal.
9de Oktober Het hy my laat weer die direkteur sal aangaan met transaksie maar ek moet 300kg neute bestel. Waar ek gese het dit is reg. Ek het die besteling vir hom gestuur.
9de Oktober het hy die eksta bestelling vir my gestuur en weer gevra vir die 5 Deposito maar het hier n ander bank besonderhede ( Matshudu Sabelo Mtshali ) waar ek hom gevra het wie is die . Sy atwoord was “ One of my colleagues, I only got the detail from our accounting Department “
Ek het gese ek voel nie gemaklik met die nie waar hy die fotos ens van my besending gestuur het ( Op die Vrydag )
EK het toe die verskil van die 50% Deposito die 9de Oktober betaal ( nog R7828-00 ) en bewyse aan hom en die besigheid gestuur. Waar hy bevestig het die aflewering sal nog op die Vrydag gedoen word. So wag ek maar niemand het opgedaag nie.
10 Oktober het hy my laat weet ek moet nog geld betaal voordat hulle die neute sal aflewer, maar hier het hy gese dat die rekening afdeling alreeds my 1ste deposito terug betaal het. Ek het gevra vir n bewys van betaling maar het tot nou toe geen bewys of geld ontvang nie.
13de Oktober kom hy met baie stories dat hy in n ongelik was en is tans in die hospitaal waar ek weer die inligting na die rekening afdeling toe mail.
Hierna het hy gese ek moet nog gelde betaal anders gaan hulle nie my bestelling aflewer nie.
Waar ek gese het jammer ek gaan nie nog gelde betaal nie – hy moet my bestelling kanseleer.
14de Oktober het ek gevra waar is my bestelling of gelde.
14de Oktober het hy gese ek moet nog $475 betaal voordat ek my bestelling kan kry. Waar ek gese het ek gaan dit nie doen nie.
15 Oktober Het ek vir hom gese dat ek my geld terug soekof die neute. Waat hy met baie stories gekom het dat “ The board insist you to pay befor delivery “. Ek het geantwoord “ Sorry the board must pay my money back “
Van die 16de Oktober het hy elke dag stories oor die Board en Direkteur en hy i in die hospitaal ens en hy weet nie wat aangaan met die transaksie nie.
Ek het mense begin waarsku om met die mense op facebook besigheid te doen.
11 November Vra ek waar is my gelde – Hy begin my dryg met sy Legal departement en dat hulle my in die hof gaan sien.
Tot nou toe geen bestelling is afgelewer of enige gelde is terug aan my betaal nie.
