1 reviews | Active since Apr 2024
*****s/Swak diens
Swak!Swak!Swak!
Hiermee het ons die volgende probleme ervaar tydens ons toer na Zanzibar.
Ons het die pakket gevat van 5 dae en 4 nagte- all inclusive.
26 Maart 2024- Veronderstel om in te check by die Resort. Ons groep was heeltyd nog in Suid-Afrika. Het eers 20:15 vertrek uit SA uit.
By enige Hotel, Gastehuise en Resorts check ñ mens 14:00 in. Mens maak altyd seker mens kom min of meer daardie tyd aan by die plek nie die volgende oggend nie. Julle wil vir ons sê julle doen ñ guns vir ons dat ons kon incheck die volgende oggend, maar ons het die kamer kla basies betaal vir daardie tyd/dag.
As ñ mens ñ bespreking maak by ñ plek of dit nou Suid-Afrika of ñ ander land is bly dit die selfde. Die man by ontvangs het dieselfde gesê. Hulle kon nie ons kamers vir iemand anderste gegee het nie, want die betaling is kla gemaak. Dit beteken dit is kla uit gebook. Ons het ñ hele dag/nag verloor.
Toerbroers moes ons vliegkaartjies vroeër die oggend gebook het sodat ons nog die selfde dag in Zanzibar gekom het om te kan sê ons was vir 4 nagte hier. Nie in die aand gebook het nie. Daar was ander vlieg tye wat julle vir ons kon gebook het. Dan was daar gesê FlySafair vlieg net in die aand wat ñ bol storie is, want daar is ander tye ook soos in die oggend 9:00 en land dan 13:25 by Zanzibar se lughawe. Julle het juis die aand en vroeër vlugte gekies sodat julle minder kan betaal aan vlugkaartjies. Waar julle kla ñ dag/nag by ons gevat het.
Dan lyk dit vir my niemand verstaan wat beteken ñ nag en ñ dag nie. Wanneer julle praat van ñ nag beteken dit jy slaap die aand/nag by die plek self. Wat ons nie gedoen het die 26ste Maart nie.
Ñ dag is wanneer ñ mens nie oorslaap nie wat nou Saterdag, 30 Maart 2024 is waar ons ñ paar ure by die Resort bly en wag vir ons vlug. Ons slaap nie oor nie dit is waar dag storie inkom.
27 Maart 2024- Check ons eers in. Ons kom by die Resort 3:00 die oggend ure aan.
Dit tel as die eerste dag/nag van ons toer wat ook 21ure was, waar daar 24ure in ñ dag is so dit is ook nie ñ volle dag wat ons eintlik gehad het nie, maar ons vat dit as ñ dag.
28 Maart 2024- 29 Maart 2024 Volle dag/nag by die Resort.
30 Maart 2024 - Vertrek terug SA toe. Ons vlieg 1:40 vroeg oggend van die 31 Maart 2024.
Ons moes 11 uur uit-check van die 30ste Maart en heeldag buite in die son wees, want ons shuttlebus kom haal ons eers 21:00 by die Resort. Dus is dit mos net ñ halwe dag dan gee dit ons 3 nagte en ñ halwe dag en my vol dae beteken dat jy kan eet , drink of slaap.
Die kommunikasie was ñ probleem, want daar was eers vir ons gesê toe ons hier aankom dat ons ñ fooi van $50 moet betaal om langer in die kamers te bly omrede check-out 11:00 is. Ons is volwasse mense en nie kinders wat heeldag in die Son wil wees en verkool nie. Jaco het die laaste 2 dae na ons toe gekom en gevra wie van ons wil ons kamer book tot 5 uur toe en as ons wil moet ons die geld net vir hom gee. Niemand het voor af dit vir ons gesê ons moet dit betaal nie, maar toe ons eers daaroor kla toe word daar vinnig planne gemaak sonder dat ons daarvoor moet betaal. Nou my vraag is as ons nie daaroor gekla het nie sou hy wat Jaco is/ julle wat toerbroers is of die Resort nog geld uit ons gemaak het waarvoor ons glad nie begroot het nie, want niemand het dit voor die tyd genoem nie. Na ons gekla het was ons tye 3 keer verleng van 17:00 toe 18:00 en daarna kon ons toe sommer 19:00 uit-check.
Daar word nie alle inligting mooi deur gegee nie, wat ñ agentskap veronderstel is om te doen.
Dan nog ñ ding wat ons ook uitgevind het dat daar ñ persoon ook op die toer was wat julle vriend is wat die mense namens Jaco aangevat het oor die klagtes wat ervaar is die oomblik toe ons daar gestop het. Die individu het ook rasistiese aanmerkings daarna gemaak. Dit is werklik onprofessioneel en nie aanvaarbaar nie. Jaco kon haar op haar plek gesit het, maar hy het net stil gebly. Daar was ook gesê die rede hoekom die mense gekla het is dat hulle nie geld het om op aktiwiteite te gaan nie, dat sekere mense dit nie eintlik kon bekostig nie, maar hulle is hier en dat hulle gesondheids probleme gebruik vir selfbejammering. Waar in die lewe!
Ek wonder as julle in die mense se skoene was hoe sou julle reageer het, want geen mens het net geld om weg te gooi nie.
Ons soek graag ñ verduideliking van julle kant af hoekom ons ñ dag/nag verloor het.
