LE
Lisa E
1 reviews | Active since Oct 2018
10 Jun 2019, 11:43
Horrible and ************* service
I ordered and paid for a product from die timmerman in middel February. It has now been 16 weeks, after multiple empty promises I asked for my money back. They were more than willing to give me a refund but now it seems like they also make you wait 16 weeks for that. Will not recommend them to anyone. Totally disgusted by their service.
Helpful (0)
Replies (1)0
Replies (1)Timmerman & Vroutjie's replyOfficial
10 Jul 2019, 09:26Goeie dag Lisa.
Jou deposito was 22 Februarie 2019 ontvang vir jou bestelling. Ons normale produksie tyd is 6-8 weke van deposito datum op standaard bestellings. Custom bestellings of bestellings met 2 of meer meubelstukke vat normaalweg langer. Sien gerus ons FAQ, Terme van koop en eposse wat gestuur word met bestellings. Ons is nie 'n 'take away' winkel nie en om kwaliteit meubels te vervaardig vat tyd. Ons kliente betaal vir kwaliteit en dit is wat ons lewer. As dit langer vat kan kliente gerus wees met die wete dat hulle lewenslank genot uit hul meubelstuk sal kan geniet.
Onthou, Timmerman meubels word individueel met die hand vervaardig in die volgorde waarin ons bestellings ontvang. Geen klient trek voorkeur nie en bestellings word gemaak streng volgens 'n produksie skedule. Elke klient is vir ons ewe belangrik. Om ongeskik of ongeduldig te wees gaan beslis nie jou meubels vinniger gemaak kry óf jou bestelling vinniger by jou afgelewer kry nie, inteendeel - die kanse is goed dat ons jou bestelling gaan kanselleer en jou deposito gaan terugbetaal, en dan iemand anders wat besef dat kwaliteit tyd neem, se dag maak met 'n prag Timmerman meubelstuk.
Op 5 Mei het ek jou in kennis gestel dat ons oor 2 weke sal aflewer. Jy was nie bereid om langer te wag vir die meubelstuk nie en ons het geoffer om jou deposito terug te betaal wat ons wel gedoen het volgens die wetlike stipulasies wat aandui dat refunds 30 dae grasie toe laat. Ek het ook aan jou verduidelik dat Corne wie die meubels maak, in die hospitaal opgeneem was waarna jy toe die keuse gemaak het om jou frustrasies hier te kom uiter. Jou gelde was terug betaal en jy het ontvangs daarvan bevestig.
Timmerman groete, Irene
Timmerman & Vroutjie's reply10 Jul 2019, 09:26
Official
Goeie dag Lisa.