CF
Chantelle F

1 reviews | Active since Nov 2023

21 Nov 2023, 11:25

****mers

Wat doen 'n mens as die betrokkenes nie ****ak maak nie? Dan voorkom jy 'n situasie sodat nie ander ook in dieselfde strik trap nie. Wel, die Maatskappy se diens is beslis nie goed nie. Ek het R13000.00 se voorraad bestel deur die maand van Oktober 2023 en minder as die helfte ontvang op 7 November 2023. Die produkte was nie eers "gebrand" nie. Sommer op die doppies geskryf wat die inhoud van die l's is. Ek het vele kliënte wat iets tot absoluut niks gekry het vir die bedrag wat hulle direk in die vers****** se rekening inbetaal het. Ek het egter ook bewyse indien iemand dit wou sien. Die betrokkenes is egter ook vreeslik onbeskof as die kliënte navraag doen oor hul uitstaande items. Ek is ook meegedeel dat ek 1 van die betrokkenes se selfoon nommer nie verder mag uit deel nie. Wel as jy skuldig is is jy skuldig. Die Maatskappy se personeel antwoord nie my oproepe nie, lees en beantwoord nie my SMS'e / Whatsapp's nie - en as hulle antwoord is dit baie kortaf en vol leë beloftes. Ek het 'n paar maande met die Maatskappy gewerk en so iets het nog nooit gebeur nie. As julle net eerlik was van die begin af wat het gelei tot al die gebeure sou ons die situasie anders hanteer het en of kon die situasie vermy word. My naam is egter baie skade aangedoen maar my God stap saam met my en die ontevrede kliënte. Baie dankie aan elke kliënt wat my ondersteun in die situasie. Groete Chantelle Finlayson / Spokie

0
Replies (0)