1 reviews | Active since Nov 2017
The Unlimited doesn't pay out the accident policy although they have all the information.
Ek wil graag my storie deel. My seun (23) het 3 jaar terug n ongeluks polis uitgeneem by THE UNLIMITED (Platinum). Hy is 15 maande al oorlede in motor ongeluk. Hulle was 2 mense in die voertuig altwee het uit die bakkie geval. Die SAP het my seun as bestuurder erken. Die ongeluksver**** is verkeerdelik ingehandig,so van die 13 Aug 2016 ****k dit nog steeds by ons omdat die mense THE UNLIMITED die verkeerde inligting bekom het. Die bestuurder van die ongeluks voertuig het als reggestel aan die ondersoek beampte. Ek het verslae van die vorige A/O en die huidige A/O waarin daar reggestel word my seun was die passasier nie die bestuurder nie en dit was nie sy bakkie nie. Ek het my vorms,bewyse laat hy passasier was-als ingestuur na THE UNLIMITED toe om te eis. Maar nogsteeds is ek nie gehelp nie hulle bly oor die foon se hulle soek lisensie omdat hy die bestuurder was en dit sy bakkie was volgens hulle. So keur hulle die eis af en ek dink hulle is besig met hom net tot ek weer s***el en hoor ek moet weer aansoek doen. Ek het die nodige dokumentasie ingestuur met die bakkie se papiere dat dit nie sy voertuig was nie ook die affidavit van die bestuurder waarin hy stel hy het bestuur my seun was die passasier. Al die bewyse is daar. Kyk hulle nie na als nie? Wil hulle nie regverdig wees nie? Hoekom wil hulle dit nie regstel nie? Hulle beantwoord nie die A/O se oproepe nie. Waarvoor betaal mens n polis as dit nie uitbetaal nie. Waarvoor moet mens jou polis getrou betaal as hulle nie eers na die regte inligting op hulle sisteem kan kyk nie. Nadat ek die ondersoek beamptes se getekende en geatampdeverslae deur gestuur het se hulle tot op hede vir my hulle soek bewyse van die ondersoek beampte. Wat staan my te doen in die situasie want ek dink dis baie swak en onprofessioneel van hulle om kliente so te behandel en dan nog die laagste bedrag aan te bied as eis eendag deurgaan. Mens gee regtig nie om oor die geld nie,maar dis veel beter om vir hom n grafsteen op te sit met daai geld as wat dit net verdwyn in thin air. Met bo-staande wil ek graag mense waarsku om nie polis,medies of enige iets oor die foon uit te neem nie. En definitief nie by THE UNLIMITED nie..mens word eenvoudig nie gehelp en vergoed nie.
Hallo Driekie, baie dankie dat jy dit onder ons aandag gebring het. Gee ons asseblief 24 uur om daarna te kyk dan ****ak ons jou met die terugvoering. Groete, The Unlimited.
Hallo Driekie, baie dankie dat jy dit onder ons aandag gebring het. Gee ons asseblief 24 uur om daarna te kyk dan ****ak ons jou met die terugvoering. Groete, The Unlimited.
