EO
Erika O

1 reviews | Active since Jun 2024

19 Jun 2024, 13:40

Ons is seker in die 40 jaar lede van The Holiday Club, en het vele heerlike vakansies in baie goed toegeruste chalets in verskeie oorde geniet

Ons is seker in die 40 jaar lede van The Holiday Club, en het vele heerlike vakansies in baie goed toegeruste chalets in verskeie oorde geniet. Hulle diens was altyd flink en vriendelik. Al jammerte is dat nie al hulle konsultante mens in Afrikaans kan help nie, of selfs Afrikaans kan verstaan nie. Telefonies kon ons altyd regkom, maar het probleme ondervind om aanlyn te bespreek. Weens ernstige siekte, moes ons ongelukkig ons lidmaatskap beëindig. Junitha Singh by hulle kliënte-diens, het met veel geduld baie moeite gedoen om ons met dié proses te help. Dis nou afgehandel. Ons het net goeie herinneringe aan baie aangename vakansies in die oorde van The Holiday Club. Andries and Erika Odendaal.

0
Replies (1)
The Holiday Club
The Holiday Club's reply19 Jun 2024, 14:43
Official
Geagte Mnr en Mev Odendaal

Dankie dat jy jou ervaring met ons deel. Dit is werklik wonderlik dat jy die afgelope paar dekades soveel onvergeetlike vakansies saam met ons geniet het. 

Jou lojaliteit word opreg waardeer, en ons waardeer ook jou terugvoer rakende ons konsultante en besprekingsprosesse. Ons sal ook seker wees om jou vriendelike woorde met ons vriendelike konsultant, Junitha, te deel. 

Nogmaals dankie vir al jou ondersteuning, en ons wens jou alles van die beste toe vir die jare wat kom. 

Vriendelike groete
The Holiday Club