1 reviews | Active since Aug 2020
Uiterse swak diens deur personeel by THE FIX KOLONNADE!
Op 21 Januarie 2022 het ek The Fix kleurewinkel besoek in Kolonnade sentrum, pretoria. Meeste van hulle klere wat op hangers hang is deur mekaar. Jy moet letterlik deur die klere blaai om te sien of dit iets is wat jy wil he. Daar is nie mandjies om jou klere in te sit en te dra nie so jy loop met hande vol klere in die winkel rond en dan moet jy nog deur die klere rond blaai en hier en daar stamp jy iets van n hanger af want alles is te vol gepak. Ek het met my hande vol klere, klere gaan aanpas. Daar was niemand by die aanpas stasie om te help nie so ek het net in gegaan en alles gaan aanpas. Toe ek uit kom het ek vir n dame daar gevra waar ek die klere kan hang wat ek nie wil he nie.. omdat alles deur mekaar hang het ek geen idee waar het ek wat gekry om dit terug te hang nie. Haar antwoord was "put it back where you got it".. ek het vir haar gese dit gaan bietjie moeilik wees want ek weet nie waar ek wat gekry het nie.. alles hang deur mekaar, niks is by hulle maatjies nie, dit is ontmoontlik.. sy het toe vir my gese "just put it here".. sy het omgedraai haar tong geklap in haar taal gepraat en na die stoorkamer geloop. Ek het die klere toe voor die aantrekkamer gehang soos sy gese het en gaan betaal. Toe ek by die toonbank kom vra n ander dame wat daar werk hoe ek gaan betaal, "cash or account".. ek se toe vir haar ek gebruik my TFG kaartjie, sy vra toe met n baie ongeskikte houding vir my wat is dit kan ek vir haar die kaartjie wys.. met die wat ek besig is om my kaartjie uit my beursie te haal kom die einste ongeskikte dame by die aantrekkamer van agter af en praat met die dame by die toonbank en nog n man wat daar werk wat by haar staan in hulle taal iets oor my.. kyk ek verstaan nie hulle taal nie maar hier en daar kan jy iets uit maak wat hulle se met die tongeklap die hele tyd tussen in.. Ek bly toe tjoep stil al voel dit of mens deur die dak wil spring. Ek gee vir die dame my TFG kaartjie sy vra toe weer ongeskik vir my, is dit my kaartjie! Ek se toe ja dit is my kaartjie en my rekening, met die antwoord die man wat daar werk en langs haar staan in engels "how will we really know if it is her account".. weereens bly ek tjoep stil. Ek vra toe vir die dame agter die toonbank is hulle tak in Wonderpark dalk grootter as die een in Kolonnade.. Sy het net kortaf geantwoord "no" en verder met die man in hulle taal gesels wat langs haar staan. Nog nooit was ek so onaangenaam en onvriedlik en ongeskik behandel nie. Dit het eerlik waar gevoel of ek alles net so wil los, wil omdraai en uit die winkel stap! Hulle is uiters ongeskik! Al die werkers wat daar werk! GEEN respek vir kliente nie! Daardie winkel sal my NOOIT weer sien nie! Ek is daar weg, ek het die winkel gebel en met Katlego gepraat. Ek het haar gevra om asb met die bestuurder te praat. Sy het gese die bestuurder is nie eintlik beskikbaar nie, ek het vir haar gevra hoe so want dit is n ja of nee antwoord.. sy het toe gese die bestuurder is met verlof. Ek het vir haar gese as ek nie met die bestuurder kan gesels oor hulle uiterse swak diens wat ek vandag ervaar het nie sal ek in ****ak kom met die hoofkantoor. Sy het net gese sy sal dit uitsorteer.. (Marlené Bekker)
Sorry for your bad store experience, as we pride ourselves on customer service.
Your call has been escalated to our field team and you will be contacted shortly.
Kind Regards
The FIX Team
Sorry for your bad store experience, as we pride ourselves on customer service.
Your call has been escalated to our field team and you will be contacted shortly.
Kind Regards
The FIX Team
