1 reviews | Active since Oct 2021
Swak swak diens
Ek wil graag my uiterste frustrasie en teleurstelling oor thecourierguy.co.za� se diens deel. Dit is nou al die derde keer wat ek probleme met ’n pakkie ervaar, maar hierdie keer vat werklik die koek. My pakkie het reeds in Maart weggeraak en ons is nou amper in Junie. Ná al die wagtyd moes ek boonop nog byna ’n maand wag net om die claim-proses te begin en al die nodige dokumente en papierwerk in te dien. Tot vandag toe wag ek steeds vir terugvoer en uitbetaling. Dit is absoluut onaanvaarbaar dat ’n kliënt so lank moet wag sonder behoorlike kommunikasie of enige gevoel van dringendheid. Mens betaal vir ’n diens en verwag ten minste professionele hantering wanneer iets verkeerd loop. Die gebrek aan opvolg en kliëntediens wys geen respek vir mense se tyd, geld of frustrasie nie. Ek verwag dringend antwoorde en dat hierdie saak finaal afgehandel word. Sal in my lewe hulle nooit weer gebruik. Gaan nie 4de keer daai fout maak nie. Moet hulle glad glad nie gebruik jou pakkie gaan definitief n probleem erens he op pad na sy bestemming of weg raak. En dan sien jy nie jou claim
