MJ
Marojean J

1 reviews | Active since Dec 2022

19 Mar 2024, 14:14

POOR SERVICE DELIVERY

Dit is nou die HOEVEELSTE keer oor jare wat hierdie gebeur!!! Omdat ons 11 km buite Oudtshoorn geleë is, wil THE COURIER GUY op OUDTSHOORN pakkies slegs Dinsdae en Donderdae by my aflewer. Tot die bestuurderes het my dit al meegedeel en selfs een keer vir 'n maatskappy meegedeel dat ons 57 km buite die dorp geleë is - dit was die verskoning toe die pakkie nie betyds afgelewer was nie. Let wel, ons is 11 km buite Oudtshoorn geleë..... Nou is daar 'n pakkie van my wat vanaf Maandagoggend reeds by hulle en dit moet mos nou vandag, wat Dinsdag is, by my afgelewer word?! Hulle het so pas die vers****** van daardie pakkie meegedeel dat hulle eers Woensdag my pakkie sal kan aflewer sowel as 'n ander pakkie wat hulle by my moet optel, ook eers Woensdag sal kan optel. Die optel van die pakkie is reeds Vrydag oggend geboek. En daar word geen rede gegee nie! Dit is darem BAIE, BAIE SLEGTE DIENSLEWERING en blykbaar maak hulle hulle reëls soos dit hulle pas. Sjoe mense, somtyds wag kliënte dringend vir pakkies en wanneer 'n pakkie reeds vir 2 dae by julle lê, doen asb. julle werk reg en hou by julle eie reëls!!!!

0
Replies (0)