MJ
Marojean J

1 reviews | Active since Dec 2022

13 Jun 2024, 15:55

MOST PATHETIC COURIER SERVICE IN SA!!!

Dit is my 2de "review" van THE COURIER GUY OUDTSHOORN. As ek geen sterre kon gee nie, dan het ek!!!!!!!!!!!!!!!!!! Soos in my vorige "review" genoem, die bestuurderes, Nadia, verander hulle aflewerings skedule gedurig, soos dit hulle pas. Dit natuurlik alles TEN KOSTE VAN KLIëNTE!!! Maar sy gee nie veel vir kliënte om of glo in kliënte diens nie, want sy het my wel vroeër 'n antwoord gegee van "ons het baie ander kliënte". So 'n antwoord sê baie......... My pakkie is in hulle "hub" al vir VIER WERKSDAE. Ons is slegs 12 km buite Oudtshoorn geleë. Omdat ons "regional" area is, word aflewerings, let wel, nou weer slegs Vrydae gedoen. Was altyd Maandae, Woensdae, Vrydae, toe verander dit na Dinsdae en Donderdae en toe is ek 3 weke terug meegedeel dat dit nou slegs Donderdae is, en vroeër vandag het Nadia my ingelig dat dit nou weer verander is na slegs Vrydae. Genade dame, wat se bestuurstyl pas jy toe deur heeltyd julle skedule te verander en kliënte word so benadeel en as 'n kliënt ontevrede is, dan kry jy 'n antwoord van "ek het baie ander kliënte". So 'n antwoord sê baie van 'n persoon en besigheid...... Ek sal Oudtshoorn se Courier Guy tak, wat eens wel goeie diens gelewer het maar vir die afgelope paar maande dié slegste courier diens in SA lewer, vir geen persoon aanbeveel nie!!!!!!! Dit is nogal baie ironies dat daar nooit skedule veranderings in ons area by enige van die ander courier maatskappye plaasvind nie. Ook baie ironies vir my dat Nadia wat so baie kliënte het heeltyd haar skedules moet verander om koste gewys vir haar dit moontlik te maak maar geensins omgee hoe dit wel baie kliënte benadeel nie!!! Wonder of Nadia al gehoor het van "word of mouth".....

0
Replies (0)