1 reviews | Active since Nov 2018
Hou op om tyd te mors en kry jul adresse reg en leer die koeriers etiket
Dankie Timothy vir u vriendelike diens gister per foon om die adres reg te kry. Ek kon nie eens Germiston op Courier Guys se webtuiste vind nie, net Alberton, Boksburg, ens. Ons het volgens Braby's ens, se padkaart boeke en Germiston munisipaliteit in Cruywagenpark Uitbreiding X gebly, maar dit was 50+ jaar gelede plotte (A/H) gewees op die plaas Klippoortjie. Vir een of ander vreemde rede wat ek gaan opvolg karteer Google Kaarte ens dit as Klippoortjie AH. Volgende keer laat die kliënt 'n Google punt ligging na u stuur. Die kliënt moet net seker maak die akkuraatheid is ongeveer onder 10meter. Ek vind dit aanstootlik en disrespekvol dat besighede my nie in die taal van my keuse aanspreek nie aangesien arrogante Engels sprekendes nog sedert die 80tiger hierdie arrogante houding het dat hul kamstig nie Engels verstaan nie - skrik wakker met Google Vertaling! Alhoewel die koerier effens vriendelik was hy op sy foon besig - ONAANVAARBAAR - kan hul die nodige etiket en respekvolle aanspreek van die kliënt leer.
