1 reviews | Active since Sept 2018
Poor Service from Tebane Motors, Potchefstroom
Goeie dag Dirk
Die probleem met die bakkie is nie dat hy nie wil start nie. Diesellec het vir my herken dat hul nie eers die bakkie op n lift getrek het nie. So hoe het hulle volgens jou na die turbo en inter-cooler sowel as sy stukkende pype gekyk? Ek het dit dan telefonies ook vir jou gese? Hulle het op die invoice aangebring dat hul die olie asook die fuel filters geruil het. Na uitvra oor hierdie onderwerp het die man erken dat dit nie so is nie. So die invoice wat jy vir my gestuur het beskou ek as vals want die inligting daarop is vals asook die feit dat die voorman in die werkswinkel na ondervraging erken het dat die voertuig nooit op n lift was nie, en dat hulle nie die filters vervang het soos aangedui nie asook dat in sy eie woorde hy nie altyd in die werkswinkel is nie en dat jy mnr. D Minny vir hom gese het dat hy net die voertuig moet kry dat die ding kan ry sodat jy hom kan terug stuur. In sy eie woorde.
Hy het my ook mee gedeel dat daar n kompressie toets gedoen is op die voertuig en silinder 1 het omtrent geen kompressie nie. Dit se vir my dat die ringe klaar is, ek het hom ook so gevra, en gevra nou hoekom het hulle dit dan nie herstel nie. Soos reeds bo genoem was die antwoord dat die opdrag net was: "Kry net die ding dat hy kan ry dat ons hom kan terug stuur". Volgens die man van die werks winkel was dit die opdrag vanaf mnr. Dirk Minny.
So ek se nou vir jou. Dit is nie gedoen nie.
As jy dalk die moeite gedoen het om onder die voertuig te gaan staan as hy op n lift is sou jy sien dat die turbo en inter-cooler asook die pype foutief is. Dit is hoekom ons daardie aanvanklike kwotasies vir nuwe parte vir jul aangestuur het nog voor die voertuig ooit kom haal was.
Dit is goed en wel dat die voertuig op daardie datum afgegee was, maar is dit nie so dat julle die volgende dag in kennis gestel is dat die deur nie wil toemaak nie en dat ons nie die bakkie kan gebruik nie want mense sal uitval in die ry. Asook dat die bakkie se maksimum spoed omtrent 80km n uur was op daardie stadium. Dit het die drywer wat die voertuig kom aflewer het die aand wat hy vir ons die voertuig gegee het reeds gese. Ek het die volgende dag vir Abel ge****ak en hy het my instruksie gegee waarheen om die voertuig te neem dat hulle kan sien wat fout is met hom.
Ons het hom eerste vir die herstel van die deur gevat,waar hy n paar dae gestaan het en gewag het vir n deer knip van die vers******s af. Hulle het toe die verkeerde een laat kom en ons het besluit om die voertuig te vat vir die volgende probleem waarmee dit hier aangekom het terwyl ons wag vir die ander deer knip.
Die voertuig is by E-car getoets met diagnostics en daar is gevind dat daar n sensor stukkend is wat die brandstof toevoer reguleer. Daar het die voertuig weer n paar dae gestaan en wag vir die nuwe sensor.
Ons het intussen sy "branding" laat doen asook "spotlights opgesit terwyl die voertuig nou MOES staan. Dit het ons amper R6000 altesaam gekos.
Nadat die sensor gekom en geinstalleer was het ons opgemerk dat die voertuig beter is,maar nogsteeds nie reg trek nie en nogsteeds die pik swart rook gee.
Ek het julle weer in kennis gestel rakende die NP 200 asook die Corsa wat so swaar is op brandstof, waarna u self mnr. Minny vir my gese het om albei voertuie te laat diens. Abel Slabbert dra ook kennis van hierdie ooreenkoms. Nog n rekening van amper R6000 wat nog nie betaal is nie.
Met die diens van die NP 200 het ons n ernstige olie lek opgemerk. Ons het ondersoek ingestel en ons het gevind dat die olie vanuit die lugpype van die "inter-cooler" kom en dat dit afkomstig is vanaf die "turbo" en die rede dat ons die olie kon sien loop is dat die pype stukkend is by die "clamps".
Ek het u dadelik in kennis gestel. Ek het kwotasies gekry van die parte en u die besluit gerig,moet ons die voertuig hier herstel of gaan julle die voertuig kom haal en hom by julle herstel. Dit was jou besluit gewees om die voertuig te kom haal.
Nie eers te noem van die stukkende skokbrekers, droee wiel bearings asook stukkende "exhaust" van die Np 200 en Corsa voertuie onderskeidelik wat ook gevind is met die diens nie. Dit kan ek nog sien as 2de handse voertuig foute. Maar nie probleme op die ENGIN nie. Dit is onaanvaarbaar.
Om terug te kom na die gehalte diesel wat ons gebruik. Ek gooi albei my ander diesel voertuie by dieselfde vulstasie al vir jare. As ek dit nie verkeerd het nie,is daardie voertuig slegs eenmaal n paar honderd rand ingegooi net nadat hy so dol leeg hier aangekom het, (waarna ek nog vir jul drywers moes taxi geld gee om terug te gaan Klerksdorp toe wat ek ook gese is ek sal terug kry en dit het nie gebeur nie,ek wag nou nog) wat toe omtrent net gebruik is om dit te skuif van werkswinkel na werkswinkel na werkswinkel. So ek rig dit aan jou dat as daar ge****amineerde diesel in was, het hy so hier aangekom van julle af. Maar ek sou eerder se dat die diesel verbranding nie reg was nie oor die stukkende sensor en die voertuig het "overfuel". Soos gevind deur die diagnoatics toets reeds bo genoem.
Die eerste aand wat die Corsa hier gebruik was op skof, presies een dag nadat julle hom afgelewer het, het hy ook gaan staan 2:00 in die oggend sonder n "clutch" en ek moes hom insleep na n werkswinkel waar hy herstel kon word. Nog n rekening wat ook nognie betaal is nie. Die slave silinder was stukkend.
Ons kan maar die telefoniese gesprekke se datums en tye laat trek van die vers******s af want ek se vir jou meneer die aantuiging wat jy maak dat ons 11 dae gewag het voor ons jul laat weet het daar is fout met die voertuig is vals.
Ek sal beslis elke epos asook tellefoon oproep se datum en tyd asook die seker 100 oproepe wat julle nie eers geantwoord het nie aanheg aan die dosier wat ek aan die prokereur oorhandig, om te kan bewys dat dit wat julle se nie die waarheid is nie,waarna enige hof sal bevind dat jou verklarings en woord nie meer geldig is in die saak nie oordat daar te veel onreelmatighede is met julle stories.
Ek het n afspraak vir Maandag oggend 10:00 die 19de Mei 2018 by die prokereur gemaak. Of julle voorsien my van n nuwe "Turbo" asook "Inter-cooler" met sy pype waarvoor julle die bakkie aanvanklik kom haal het. En gevaal het in meer as n maand om n ordentlike ondersoek te doen op die voertuig ( nie om eers iets te se van herstel nie) wat jul so vol foute aan my verkoop het of ek vat die saak verder en sal alles in my vermoee doen om die koop te kanseleer. Daar is alreeds 2 paaiemente asook versekering vir die voertuig betaal en die derde een is om die draai en hy het skaars n dag gewerk. Nog R9000 waarvoor ek jul aanspreeklik hou.
Die voertuie is gekoop om werk te verrig. Ek moet amer daagliks my voertuig afstaan sodat die werk wat die Np 200 voertuig moes verrig het kan gedoen word. Julle kos my duisende rande se skade.
Julle het tot Maandag oggend 9:00 om vir my n skriftelike antwoord te gee aangaande die herstel van die foutiewe voertuig wat jul aan my verkoop het nadat ek telke male vir jul gevra het is die voertuig meganies reg voor die koop waar julle my verseker het die voertuig is deur n gekwlifiseerde persoon deurgegaan. Ek is ook gese albei voertuie het vol diens rekords. Waar is die diens boekies? Ek wag ook nou nog vir dit. Julle kannie voertuie verkoop en se hulle het vol diens rekords en dan kom hulle sonder boekies hier nie. Hoe werk dit? Dis al amper 3 maande? Hulle het seker weggeraak teen die pad daar by die plek wat die voertuie gestop het en al die foute opgetel het oppad hierheen? Ek soek die diens boekkies asseblief!
Op n persoonlike vlak wil ek net graag weet, is dit wragtig die gehalte voertuie en diens wat jul aan al julle klante verleen? Of het ek maar net die ongelukkige 2 voertuie gekry? Een, dalk nog, maar 2 voertuie van so swak gehalte, ek twyfel. Dit se vir my dit is maar julle standaard. Ek moet se na amper 3 maande se gestry om net die voertuie te herstel wat julle met soveel gemak maar tog so vol foute aan my verkoop het, onder sulke valse voorgewens is ek darm wragtig teleurgesteld in die gehalte diens. Klieente diens is als. n Tevrede klieent sal altyd weer terug gaan.
Ek wag in spanning julle skriftelike terugvoer. Ek sal maar solank dink of ek iets gemis het en dan dit byvoeg met n volgende geleentheid.
Groete Michael Slabbert
