EK
Elizabeth K

1 reviews | Active since May 2020

07 May 2020, 11:43

Te Fraai Diena sit altyd BESTE voetjie voor!

Dis 'n plesier om aanlyn inkopies by Te Fraai Diena te doen - om van die mooi, mooier en mooiste leerskoene wat hul verkoop nie te praat nie! Hoe om te bestel en te betaal word deeglik op FB blad en in Whatsapp boodskappe uiteengesit - hulle dink aan elke moontlike vraag wat kliënte kan vra en spreek dit eerste maal in boodskappe aan. Versending van bestellings verloop ook vinnig en flink - ook tydens hierdie proses word kopers op hoogte gehou van verloop van sake. Al 'n paar maal skoene by Te Fraai Diena gekoop en diens bly elke keer dieselfde - vriendelik, vinnig en sonder onnodige rompslomp. Ek beveel TFD hoog aan en sal beslis weer by hulle skoene koop. dankie aan almal in daardie wenspan vir my mooi skoene en puik diens! groete Elizabeth en Lauren

0
Replies (1)
Te Fraai Diena
Te Fraai Diena's reply08 May 2020, 11:34
Official
Hallo Elizabeth - baie dankie vir jou mooi terugvoering, baie bly jy is tevrede en duisende dankies vir julle ondersteuning xx