MvZ
Marié van Zyl

1 reviews | Active since Aug 2021

03 Aug 2021, 10:28

Sommer net teleurgesteld

Ek wou ’n omruilig maak, 2 pare skoene wat my man vir my gekoop het vir my verjaarsdag in Junie is net net te klein. Ek het verstaan dis buite die 30 dae periode om om te ruil, (14 dae te laat) maar het steeds ’n epos gestuur om my omstandighede te verduidelik.

Ons het ****ak gehad met ’n persoon wat positief getoets het vir Covid, twee dae na my verjaarsdag, ons het begin isoleer en het ’n paar dae daarna self positief getoets. Ek en my man was baie siek, 2 weke plat in die bed en daarna kon ek net stuk stuk begin opstaan. Ons kinders het ook siek geword, dit was goed deurmekaar in ons huis. Met die gevolg ek het nie met Covid in die huis eens gedink aan skoene wat omgeruil moet word nie. (ek het my positiewe Covid uit**** aangeheg aan my epos)

Dis net jammer om te sien hoeveel mense in hierdie tyd waar ons almal op een of ander manier swaar kry, nie die hart het vir mekaar nie. Word die najaag van sukses ens te belangrik dat die hart waarmee 'n besigheid begin is, vergete raak? Te Fraai Diena getuig van God se genade in haar besigheid, dis dieselfde ganade van God wat ons gedra het deur ’n moeilike Covid tyd. Dan moet ek seker berus in haar kort en kragtige terugvoer op my epos, “die sisteem gee ekstra grasie vir 35 dae, wat vir een klient geld, geld vir die ander. Jammer.”

0
Replies (0)