1 reviews | Active since Jul 2012
Swak diens deur Solar maatskappy
Ons ervaring met hierdie maatskappy is as volg:. Verwag die volle betaling met immediate payment. Dan wag jy. Hoor niks van hulle, bel en bel telefoon word nie geantwoord nie. Wanneer hulle eindelik antwoord, maak hulle beloftes vir installasie, maar kom nie dit na nie.
Hulle het uiteindelik opgedaag. Die werk is gedoen, maar my panele is aan die verkeerde kant opgesit (suide kant). Ek het gevra waarom nie noord, maar volgens sy App was dit reg. Almal om ons se panele sit noord. Die battery laai nooit vol nie. Ons is nou meer sonder krag agv Eskom se baie load shedding, kan die battery nie vol laai nie. Ons gebruik nou meer krag as voor die installasie. Ons het ook nog nie ons COC ontvang nie. Hy het geen toetse gedoen vir die COC. Hy sou dit stuur, maar nog niks ontvang nie.
