1 reviews | Active since Aug 2013
Onregverdige Praktyk: Tafelberg Meubels, Bellville
Onregverdige Praktyk: Tafelberg Meubileerders BELLVILLE
Wanneer bg instansie 'n stoof aan 'n klient verkoop, word vereis dat die stoof deur n gekwalifiseerde elektriesien ge-installeer word.Dit is 'n billike vereiste.
Wanneer die stoof deur n prop (of proppe) in die geval van n aparte HOB en oond) gekoppel word, en dus net ingeprop word by n muursok, is dit onbillik om n nakomings sertifikaat te verlang. Die stoof of oond of HOB word bloot net ingeprop, wat geen invloed het op die korrekte werkingvan die stoof nie.
Wanneer daar n defek is op die stoof wat onder waarborg is, behoort bg instansie dus nie n nakomings sertifikaat te vereis om die waarborg te eerbiedig nie.
Tafelberg Meubels se verweer is dat die vervaardiger sodanige item vereis, Myns insiens is dit n onregverdige praktyk wat onnodige geld uit die sak van die klient jaag.
Dit is ook my mening dat Tafelberg Meubels, deur nie hierdie praktyk aan te spreek nie, maar die blaam op die vervaardiger wil plaas. 'n Swak voorbeeld stel en swak diens lewer deur dit te kondoneer.
Ek het twee pogings aangewend om die onreg deur Tafelberg Meubels te laat aanspreek, sonder sukses. Ten spyte van beloftes dat hulle my sal terug s***el (2x) moes ek n derde keer bel.
Geld dieselfde reels ook vir die aankoop van ander elektriese toestelle soos ketels, broodroosters ens?
