JA
Joan A

1 reviews | Active since Jun 2015

14 Mar 2018, 20:08

Teleurgesteld in Swemgat Centurion/Lynnwood

Ek kan definitief NIE die mense aanbeveel NIE. n R70000 + se projek van plaveisel en die swembad fiberglass, wat 2 Februarie 2018 begin het, het so verloop:

Die plaveisel moes op plekke 3 keer opgekap word omdat dit skeef en ongelyk was (fotos geneem) Die grout moes twee keer oor gedoen word want op plekke het dit uitgespoel met die reen en dit het begin kraak. Als binne die 5 weke wat hulle daaraan gewerk het. As ons nie gekla het nie, sou dit seker so gebly het want Dawie doen nie die moeite om so nou en dan te kom kyk nie. Eergister het ons begin water intap. En vandag toe daar nou genoeg water in is om die bodem te sien, slaan daar wit kolle deur wat nie sigbaar was in die leë swembad nie. Nou wat nou. ? Ons sal dit seker MOET aanvaar want volgens die einste Dawie is die projek klaar maar die swembad pomp is nog nie eers aan nie. Wie werk so??

0
Replies (1)
JA
Joan A's update21 Feb 2019, 09:12
Reviewer Update
Wel die pomp is aan en die water is in. 'n Jaar later en die gatjies wat ons op die veselglas uitgewys het, is nogsteeds daar. Die swak kwaliteit plaveisel, wel helfte van die grout is uit en die een hoek van die plaveisel het 1x1 meter as gekraak. Patetiese diens. Ek het 'n goeie 15 - 20 emails al gestuur. Hulle sorteer dit net nie uit nie. Daar is altyd net verskonings. En as hulle terugvoer belowe, sien mens dit nooit.