CR
Cecilia R

1 reviews | Active since Jul 2020

10 Jul 2020, 09:20

Swak diens

Dis jammer om hierdie tipe kommentaar op ‘n besigheid se Facebook blad te plaas waar almal dit kan sien, maar ongelukkig het die optrede van die eienaar, Estelle, dit veroorsaak. Ons het die hele gastehuis bespreek vir ‘n familie byeenkoms einde Julie en die deposito reeds betaal. Agv die Covid 19 epidemie en die lockdown wat op 27 Maart begin het, het ons as familie besluit om die byeenkoms te kanselleer en het ek Estelle telefonies sowel as per e-pos in kennis gestel. Ons het ooreengekom dat dit ‘n billike versoek is om ons deposito ten volle terug te betaal aangesien dit buitengewone omstandighede is en ons dit vroegtydig gekanselleer het. Na verskeie beloftes van betaling, het sy my boodskappe en e-posse begin ignoreer. Ek het gister ‘n finale versoek aan haar gerig wat sy weereens geïgnoreer het. Hierdie is dus my enigste uitweg om te hoop dat sy nou sal reageer. Ek soek raad asb. en gaan ook hierdie aangeleentheid aan Hello Peter rapporteer.

0
Replies (0)