CS
C S
1 reviews | Active since Mar 2024
20 Mar 2024, 16:58
Suzuki Helderberg demo voertuig definitief 'n 2de handse voertuig.
Reuse teleurstelling! Voertuig word geadverteer met kilometer-lesing 5000km en toe ons daar kom, staan die lesing reeds op 6300km. Nadat ons feitlik die hele dag wag vir papierwerk om afgehandel te word, volg die volgende teleurstelling: Die voertuig is erg geskraap aan die onderkant van die voorste buffer! Die verkoopskonsultant (Dominique Gerlach) het regtig uit haar pad gegaan om sake te probeer bespoedig en beredder maar dit het maar nie juis veel gehelp nie. Haar diens was aanvanklik uiters klient-gerig en aangenaam. Duidelik is die beleid van Helderberg Suzuki dat demo modelle maar aanvaar moet word met merke en sk****. (Volgens verkoopskonsultant Johan.)
Helpful (0)
Replies (0)0
Replies (0)