LD
Louis D

1 reviews | Active since May 2017

30 May 2017, 12:08

****rakteur weg met deposito

Hellopeter

Ek is voorsitter van die Raad van Direkteure van die Huiseienaarsvereniging van die Summerset Estates meenthuis kompleks. Na weerlig en ander skade moes ons veiligheidskamera’s vervang en laat opgradeer. Ons het drie kwotasies gekry. Op 13 Maart 2017 het ons die kwotasie van Big Image vir R10 315 aanvaar. Hy wou ‘n deposito van 80% hê. Op 14 Maart 2017 is R8 252 oorbetaal aan PJ Lewis, Absa Savings Hercules, rekno: 929 ********** . Big Image is die geregistreede besigheid van Jason Pieter Barry, ID: ********** 082081. Jason het toe nooit opgedaag om die werk te doen nie. Van 17 Maart af het hy met verskonings begin en leuens vertel daaroor dat hy ernstig siek is.

Ons bestuursagent, Rent Admin het ‘n skrywe aan mnr Barry (Big Image) gerig om te sê dat hy voor ‘n sekere datum in April die werk moes afhandel, of die deposito terugbetaal. Nie een van die twee is gedoen nie. Ons terreinbestuurder, mnr Pieter Nell, het ‘n dokument saamgestel met die nodige inligting. Hy is daarmee na die Hof vir Kleineise; hulle sê toe hulle hanteer net sake tussen persone (nie maatskappye) - ons is ‘n art 21 mpy. Mnr Nell is toe na die SAPD; hulle sê dis ‘ siviele saak, en nie krimineel nie. Ons het ook die Verbruikersraad genader vir hulp. Ons het toe ‘n skuldbewys opgestel en probeer om mnr Barry sover te kry om dit te teken. Geen suskes. Ons is redelik magteloos.

Intussen moes ons ‘n ander ****rakteur kry om die werk af te handel teen R14 497. Vir die eienaars en huurders van 43 eenhede is dit ‘n groot verlies; vir die raad van direkteure ‘n groot verleentheid.

Indien nodig kan ons dokumente voorsien en inligting tov van mnr Barry se adres. Sy selfoonnommer was/is: 071 ********** .

Dit sal wonderlik wees as u ons op enige manier kan help.

Louis van Deventer

0
Replies (0)