1 reviews | Active since Oct 2015
Patetiese diens
My versekering het my ingelig dat Steyl Panelbeaters my motor moet reg maak (my voordeur vervang) en op 28/09/2015 het ek my motor ingeneem na hulle. Ek was ingelig dat ek die motor Vrydag 02/10/2015 by hulle gaan terug kry. Vrydag het gekom en hulle het my nie ge****ak nie, toe besluit ek maar om vir hulle te ****ak, net sodat daar vir my ges? kan word dat hulle nog nie 'n deur gekry het om ingesit te word nie. Daar was vir my belowe dat ek die motor op die laatste die volgende Vrydag sal kan kry.<br> <br> Die volgende Vrydag het weereens gekom en ek het steeds nie my motor terug ontvang nie en hulle het my weereens nie ge****ak nie, so toe ****ak ek maar vir hulle. WEEREENS was die motor nog nie klaar nie en daar was ges? ek gaan die motor op die laatste Dinsdag (13 Oktober) kry. Dinsdag het gekom en ek het weereens nie 'n oproep ontvang nie. Toe word daar ges? die volgende dag moet dit net deur 'n kwaliteitstoets gaan en die motor moet gewas word. Woensdag het gekom en gegaan en weereens moes ek hulle bel. Net om te s? ek moet wag tot Donderdag. Ek is nou by Donderdag 15 Oktober en wag STEEDS vir my motor want dis STEEDS NIE KLAAR NIE!<br> <br> So pateties het ek nog nie gesien nie!
