hP
hannatjie P

1 reviews | Active since Aug 2011

14 Jan 2016, 12:36

Geen samewerking van Spesialiste

Goeie dag

Ek is tans onder behadeling by Steve Biko se Spinale afdeling. Vir meer as drie (3) jaar al loop ek met ongelooflike pyn en se die Spesialiste hulle sal moet opereer.

Elke keer word daar vir my deur die dokters gese hulle wil net met Prof Kruger gesels, ( Dis die dokter met die se en besluite), en hulle sal my terug ****ak...

Needless to say. Ek was weer op 26 November 2015 by Dr. McGinta, wat gese het hy bel my nog dieselfde middag terug. Ek het niks gehoor nie, en het dit verskeie kere opgevolg met Suster Elbie van der Walt.

Vandag 14/01/2016 volg ek weereens op, en weereens is daar nou nuwe dokters, wat my weer deur die hele proses van toetse gaan sit, waarvoor ek nie kans sien nie. Intussen loop ek met die ondraaglike pyn en kry geen hulp of ondersteuning van ons sogenaamde puik dokters nie. Net pille (DF 118, Trepteline en Tramaset) wat die pyn probeer onderdruk, en nie die probleem oplos nie.

Kan of is daar iemand daar buite wat my groot asseblief kan help en na my toe kan terugkom, ek smeek u, want ek kan nie meer met die pyn nie.

Baie dankie
Mev. JA Prinsloo
Tel: *** ku
*** na

0
Replies (0)