1 reviews | Active since Nov 2017
Insurance claim/Versekeringseis
Op Saterdag, 6 Augustus 2016, het 'n munisipale waterpyp in my voortuin gebars. Op 10 Augustus het ek in 'n epos aan Me Erika Ferreira, van die Munisipaliteit, gevra watter prosedure gevolg moet word om 'n eis in te stel vir die rehabilitasie van my tuin en swembad. Ek is aangesê om 'n kwotasie vir die herstel te kry. Op 19 Augustus 2016 is die kwotasie ingedien. Op 30 Augustus 2016 het ek navraag gedoen oor die vordering van die eis. Aan my is gesê dat die eis nou deur Me Mariëtha Roetz hanteer word, nl. eisnommer CL/12/17. Daar was redelik baie skade aan my swembad a.g.v. die verspoeling. Ek het dus op 28 September 2016 nog 'n kwotasie vir die herstel van die swembad ingedien. Me Roetz het my op 24 Oktober 2016 verseker dat sy alles in haar vermoë doen om die saak te registreer. Toe ek weer bel, moes ek verneem dat die saak oorgegee is aan Me Sibea met telefoon nommer ********** . Na verskeie telefoniese gesprekke met Me Sibea, is ek op 23 November 2016 meegedeel dat Mnr Ernest Mpholo nou in beheer is van die saak. Sy telefoon nommer is ********** . Ek het nog kwotasies vir die herstel van die swembad probeer kry nadat ek uitgevind het die eerste kwotasie is slegs vir "patch & paint" en het nie 'n dag se waarborg nie. Beide persone wat die kwotasies gegee het, het egter voorgestel dat die munisipale versekering hul eie assessor sal moet uitstuur omdat die skade groter is as wat gedink is. Ek het dit ook so verduidelik aan Mnr Ernest Mpholo. Hy het saamgestem en gesê hy sal aan my 'n epos stuur om te verduidelik wat my nou te doen staan. Na vele telefoniese gesprekke, is daar geen vordering vanaf 23 November 2016 gemaak nie. Op 14 Februari 2017 het ek persoonlik 'n skrywe met my griewe by die Burgemeesters kantoor gaan afgee. Dit is in ontvangs geneem en geteken deur mnr Donovan Muller. Ek het die volgende dag 'n epos van hom ontvang as erkenning van ontvangs waarin ek meegedeel is dat hulle my sal laat weet sodra hulle terugvoer kry. Op 15 Februarie is daar 'n epos gestuur vanaf die Munisipale Bestuurder se kantoor deur me Hannelie Lategan. Ek haal aan" Die Burgemeester het 'n skrywe ontvang vanaf mnr Beukes wat sy ongelukkigheid oor die hele aangeleentheid aanspreek. Voorsien asseblief dringend aan ons terugvoer oor die stand van sake in die verband". Die epos was gestuur na me Ferreira en mnr Wust. Op 28 Februarie het ek 'n epos onvang vanaf mnr Muller aan me Lategan. Ek haal aan "Kan u asseblief vanaf die Munisipale Bestuurder se kantoor verneem wat die status van die versoek is". Hierdie was die laaste korrespondensie wat ek vanaf die Munisipaliteit ontvang het. Ek het my maar toe weer na Guard Risk gewend net om uit te vind dat mnr Mpholo nie meer die eis hanteer nie maar wel me Boipumemo. Na vele gesprekke met haar het dit ook niks opgelewer nie. Dit is nou ons 2de seisoen wat ons sonder vordering wag op antwoorde en 'n swembad. Help asb.
