1 reviews | Active since Nov 2010
Uiters swak diens van DA bestuurde Stellenbosch munisipaliteit
Hi My elektrisiteits meter is amper 2 jaar gelede met 'n "Prepaid" meter vervang. Die dag met die vervanging is my vrou gevra om 'n vorm te teken as bewys dat die ****rakteur sy werk verrig het. Toe ons die finale elektrisiteits rekening ontvang was my laaste heffing vir 6 weke 2433 eenhede en gehef teen astronomiese hoë tarief. Ek het in epos koorespondensie bewyse voorgelê dat my gemiddelde verbruik vir 10 jaar voor die vervanging 'n gemiddelde verbruik van 533 per maand is. Dit was ook bevestig deur 'n munisipale amptenaar. Die munisipaliteit wou niks aanvaar nie en wou my elektrisiteit afs***el as ek nie betaal nie. Ek het toe 'n betaling ooreenkoms aangegaan om net my elektrisiteits konneksie te kan behou. Verskeie eposse na verskillende amptenare(junior, senior en selfs raadslede asook burgemeester) het geen reaksie ontlok nie. Selfs op "Prepaid" is my gemiddelde verbruik 533 per maand, in die algemeen eintlik minder as met lesing meter. Niemand by die munisipaliteit is bereid om te help nie. Die burgemeester (DA) reageer geensins op 8 eposse wat sy al ontvang het nie. Ek is moedeloos en raadop.
