CG
Charmaine G

1 reviews | Active since Mar 2013

18 Feb 2019, 14:12

No stock availability and poor customer service

Sondag 10 Feb 2019 was ek en my dogter by Sportsmans Warehouse Montana, opsoek na Asics netbal tekkies vir haar. Daardie tak het nie die spesifieke tekkie wat sy moet dra, in 'n Nr 8, wat dan haar grootte is nie. Sy vra dat hulle by die ander takke uitvind, maar hulle sê vir haar dat sy moet uitvind en dan dit van daardie takke af moet laat kom.

Terug by die huis, kyk my dogter op Sportsmans Warehouse se webtuiste, en sien dat Vanderbijlpark se Sportmans Warehouse die tekkie het wat sy moet kry en in 'n Nr 8. Sy bel hulle en praat met Abigail - wat BAIE behulpsaam was. Abigail noem dat sy notas sal los vir die personeel wat Maandag werk, aangesien Abigail nie Maandag werk nie, om die tekkies na die Montana tak te stuur. Montana tak moet ons dan ****ak sodra dit daar is, dan gaan koop ons dit daar.

Maandag bel ek self Vanderbijlpark tak en niemand weet van niks. Nadat ek met omtrent 4 mense aan daardie kant gepraat het, word ek toe ingelig dat dit slegs tot by Centurion gestuur kan word, en Centurion Sportsmans Warehouse moet dit aanvra vanaf Vanderbijlpark - hul kan dit nie net stuur nie.

Ek ****ak toe Centurion Sportsmans Warehouse en praat met Dineo. Dineo onderneem toe om die nodige aanvraag te doen. Sy bel my terug en sê dat Vanderbijlpark nie die tekkie wat ons wil koop, in 'n Nr 8 het nie. Hul Gateway tak het dit wel in voorraad en sy sal dit van daar af kan kry. Hierdie oproepe was alles gewees vanaf Maandag 11 Feb tot Vrydag 15 Feb.

Vandag, 18 Feb, bel ek weer vir Dineo want Sportsmans Warehouse kom nie terug na my toe nie, en my dogter het netbal proewe komende Vrydag - 22 Feb.

Dineo lig my toe in dat die tekkies nou nog nie gestuur is vanaf Gateway tak nie, want daar is nou koerier kostes wat EK as die klient, eers moet betaal. Sy kan egter ook nie vir my sê wat die bedrag is nie.

Toevallig het ek die onderstaande laasweek op hul webtuiste raakgelees, onder hulle 'Delivery Policy': 2. Free shipping for orders over R600 applies to main centres only and it excludes large items, heavy equipment & bicycles.

Die tekkies wat ons na opsoek is, kos R1799.90. Is hul webtuiste dan vals advertering?

Ek weet nie of julle iets aan hierdie aangeleentheid kan doen nie, maar die personeel van Sportsmans Warehouse klink vir my maar almal redelik onbekwaam, want geen twee van hulle praat asof hulle vir dieselfde maatskappy werk nie.

0
Replies (0)