1 reviews | Active since Feb 2015
SPEC SAVERS CANT DELIVER AND NO FEEDBACK
Ek het Spec Savers besoek op 8 Januarie 2015 nadat my bril gesteel was op 3 Januarie 2015. Ek het n oog toets gedoen en kon nie besluit neem oor brille aangesien dit baie duur was. Ek het terug gegaan op 10 Januarie en besluit watter rame ek sal neem. Die Dame het gese dit sal 8 tot 10 dae neem. Ek het op 24 Januarie 2015 na Spec Savers Groenkloof gegaan om te hoor waar my brille is. Slegs my donker bril was beskikbaar. Die dame se toe dat sy sal uitvind waar my bril is en my laat weet. Op 26 Januarie om 12h57 email ek Groenkloof Spec Savers en vra of hulle nuus het. Ek kry n mail wat se sy wag vir die Lab. Intussen email ek op 27Januarie en 2 Februarie sonder enige terugvoering via email. Ek bel intussen en gaan na Spec Savers omdat ek die helltyd moet navraag doen want Spec Savers laat weet my nooit oor die vordering. Intussen kry ek n antwoord dat my bril weg is of die bestelling misplaas is. Hoe kan dit wees as die donkerbril gekom het?? Ook het n dame van die Lab my gebel en verskooning gevra en gese hulle hou my op hoogte - dit gebeur glad nie. Ook vra ek ver**** vir my bestuurlisensie en ook word dit belowe en niemand bel my terug. Ek soek my bril asb of my geld terug vandag
*
*
