1 reviews | Active since Jun 2017

03 Apr 2020, 16:04

Poor Service and ****************

Ek wil graag my voorskrif vir Milan se bril kanselleer. Ek het'n 2de opinie gekry en uitgevind julle is 'n R1000 duurder as die oogkundige waarby ek was. Ek verkies om eerder bogenoemde oogkundige te gebruik. Die ekstras wat Dr voorgeskryf het is nie nodig nie en niemand by julle het my daarvan ingelig nie. Ek het haar bril die 16de Maart ingegee. Ek was die 24ste en 25ste by julle om uit te vind of die bril al reg is toe is hy nog by julle. Die 25ste toe sê Audrey vir my hulle moet die lense wegstuur en na 9 dae was daar nog geen poging aangewend om haar bril se lense te vervang nie. Ek is bitter teleurgesteld in julle. My 2de opinie sê die bril hoef nie met overnight diens oorsee gestuur word nie, die plek waar hulle dit doen is naby Germiston. So daai was ook nie die waarheid gewees nie. Ons sal nie langer van julle diens gebruik maak nie en indien die bril klaar is weier ek om daarvoor te betaal. Dis "****************"! Ek gaan julle by Hello Peter ook aangee want dis onaanvaarbaar! Baie dankie vir julle vriendelike diens maar ek sal dit waardeer as julle dadelik die kansellasie kan doen.

Groete Adele Geldenhuys

0
Replies (2)
Spec-Savers SA
Spec-Savers SA's reply06 Apr 2020, 13:05
Official
Goeie Dag Adele,

Baie dankie dat u dit tyd gevat het om u situasie aan ons aandag te bring. 

Ons sal die deur stuur na ons Spec-Savers verteenwoordiger om dringend u situasie uit te sorteer. 

Groete 
Spec-Savers Hoofkantoor Span
's update28 Apr 2020, 21:15
Reviewer Update
Ek wag nou nog vir 'n Spec-Savers verteenwoordiger om dringend die situasie uit te sorteer. Die bogenoemde boodskap is al amper 'n maand terug gestuur. Weereens net 'n bewys van julle uiterste swak diens.