SS
Sanet S

1 reviews | Active since Mar 2014

24 Feb 2026, 11:24

Vrot vrugte

My email aan Saxby Spar waarop ek nog GEEN antwoord ontvang het nie.

Wie dit mag aangaan

My man het Saterdag by julle van daai bakke "fruit salad" wat julle het gekoop vir my African grey. Dit is makliker vir my met net een voël om dit so te koop dan kry my kind n verskeidenheid.

Vandag toe ek egter vir hom van die vrugte gee ( wat ek reeds Saterdag fyner gesny en gevries het in bakkies) toe besef ek die goed ruik suur.

Maak julle mense wat die vrugte skil en opsny nie seker dat daar niks vrot is tussen die vrugte nie? Of is dit n geval van dit bly op die rak tot dit verkoop al word dit vrot?

Ek wens ek het nog die slippie gehad sodat ek die vrot goed kon terugvat en kyk of die persone wat verantwoordelik is vir die vrot daarvan bereid is om dit te eet. Ek is verseker nie bereid om vrot goed vir my African grey (my kind) te gee nie. Gelukkig het ek die nodige medikasie gehad om vir hom in te gee as hy dalk van die vrot goed wat julle verkoop ingekry het, want ek het eers na ek dit vir hom gegee het en verby sy "stand" geloop het geruik dat iets nie lekker ruik nie. Het toe nog n bakkie uitgehaal om seker te maak, en heelaas dit was ook vrot.

Dra asb my dank oor aan die skuldige wat vrot vrugte in julle pre packed vrugte slaai bakke sit, dat hulle my kind amper vermoor het, met vrot vrugte.

Lyk my ek sal nou weer n nuwe spar moet soek om by te koop, net toe ek dink Saxby spar is die Spar wat netjies is, skoon is en ordentlike goed verkoop kry ek die surprise van my lewe.

Weereens dankie aan wie ook al wat julle vrot vrugte verpak en verkoop aan onskuldige kliente wat dit dalk nog soos ek aan n onskuldige voël voer 😡😡😡😡

Groete Sanet Oosthuizen ***

0
Replies (1)
SS
Sanet S's update24 Feb 2026, 15:42
Reviewer Update
Saxby Spar het my ge****ak en my probleem opgelos met baie vriendelike hulp. Dankie JP dat jy my probleem opgelos het en vir jou vriendelikheid en hulpvaardigheid. Met