1 reviews | Active since Oct 2019
VROT vleis
SPAR HAASENDAL
Niks is lekkerder as 'n braai na die bokke gewen het nie. Al is dit teen Japan. Maar as jy jou vacuum vleis oop sny en al wat jy ruik is VROT VLEIS, wil ek net huil.
Ek en my broer het vandag twee tammahawk steaks by SPAR Haasendal gekoop om (in hoop) die bokke se oorwinning teen die Japs te vier. Toe ons die steaks oop maak het die onvergete walm van vrot ons amper omgeslaan.
Ons het terug SPAR toe gery om die vleis om te ruil (reg vir teenstryding), maar al wat ons gekry het was n "dis reg, kom ons gaan kry n alternatiewe". Nou, in normale omstandighede, sou ek hedink het "great, no problems", maar toe besef ek, hoeveel mense koop vrot vleis by hulle en vat dit nie terug nie? Die personeel was al so gewoont aan vleis wat terug gestuur word dat dit al n gewoonte was.
Sies man!!!
Die vleis wat ons oor gekla het was nie n skok nie, maar eerder, " Ai, tog. Nog een".
SPAR, skaam julle. Julle is besig om die bal te drop...
