LP
Lounette P

1 reviews | Active since Jan 2015

26 Mar 2018, 10:52

Swak diens by Spar Vredekloof

Ek het Saterdag baie swak diens ontvang van Spar Vredekloof. Het al donderdag donuts en hotdogrolletjies bestel vir partytjie, het tyd spesifiek gese vir 8h30. Toe ek 8h30 daar aan kom, het hulle nog nie eers die masjiene aangesit nie. Dame sê dit gaan 15minute neem. Na 20minute is die donuts klaar, toe ek voor by till kom, dop die dame die houer om dat al die donuts omdop. Ek gaan kla by die bestuurder en hy bring vir die vorige aand se donuts om op te maak. Voel net as mens iets bespreek vir seker tyd, doen mens dit vir rede en verwag dat dit klaar moes wees. Het nog altyd goeie diens ontvang van die Spar, maar met Saterdag se storie sal ek 2 keer dink om weer iets daar te bestel.

0
Replies (0)