1 reviews | Active since Nov 2010
Spar vernedering aan ń 13 jarige seun
Ek was nog nooit so verneder soos by Hartenbos Spar nie. Ons koop elke keer by hulle, maar hierdie(26/06/2021) was die laaste. My 13 jarige seun het saam sy pa na Hot wheel karretjies staan en kyk en toe gaan betaal ons,ons items. By die deur het die sukuriteit wag my seun se arm geneem en gesê hy moet saam hom kom, want hy het gesteel. Ons was vreeslik geskok, want dit is nou wragtig iets wat hy nie sal toen nie. Òns het saam die bestuur wat gesê het sy het gesien hy steel gestap en hulle toegelaat om alles te deursoek. Ons het aangedring om video saam hulle te kyk, waarna hulle geen diefstal kon sien nie. My seun is vreeslik verneeder en dit na hy altyd vir hom daar karretjies koop en net sy pa vannaand een gewys het. Die bestuur Leonie Muller het net gesê sy het gedink hy steel. Hoe gerieflik. Ons was die laaste **** nou hul gereelde klient en mense kan nou maar sê wat hulle wil. Ek was in Maart ook so verneeder net omdat ek med lemon wou koop in Covid tyd. Die bestuur wou my toe ook uit hê omdat ek siek moet wees as ek so iets koop.
