1 reviews | Active since Aug 2020
Spar Q Square Worcester swak diens
Vandag het ek een van my werkers na Spar in Q Square toe gestuur, hier in worcester. Hy het teruggekom sonder n kwitansie en sy kleingeld. Ek het hom gestuur met n briefie van wat hy moet koop. Die koffie was toe nie die spesiale prys hier nie (wat verstaanbaar is). Maar ek wou toe die nie die koffie hê nie en het my geld gaan terug vra MET DIE MEESTE ONNODIGSTE MOEITE OOIT! Hulle het op die kamera gekyk en gesê hulle het die kwitansie en kleingeld terug gegee, maar ek mag toe nie die bandopname sien nie. Hy het die briefie waarmee ek hom gestuur in sy sak gesit, NIE N KWITANSIE OF KLEINGELD NIE. Ek is uiters teleurgesteld in hoe die saak hanteer is. Ons het niks gesteel nie, julle het my kleingeld gesteel. Watter besigheid doen dit? Behandel almal regverdig. Julle was verkeerd.
