1 reviews | Active since Nov 2020
Very bad service from Sorbet Tygervalley
Ek het vandag `n afspraak gehad vir `n perdicure en gel op my tone by Sorbet Tygervalley. Die ontvangs was in die eerste plek pateties en toe ek wil gaan sit vir my afspraak van 5uur op daardie stadium was dit reeds 5 minute oor 5 het die ontvangsdame vir my blatant gesê ek het nie`n afspraak by hulle nie maar die Sorbet reg oorkant hulle. Ek het spesifiek `n afspraak by die huidige Sorbet in Tygervalley gemaak aangesien ek `n baie gereelde klient van hulle is. Die ontvangsdame het my nie eens vergesel na die ander salon toe nie sommer net met die vinger gewys ek moet soontoe gaan, Met my aankoms daar was ek geskok in watse toestand die salon lyk, dit lyk werklik of jy nou `n shack/stoor in loop om jou voete te doen, ,,,regtig dit lyk pateties. Die plek is warm om nie eens van die onprofesionele personeel te praat nie, Al die stoele waar voete gedoen word was vol en hulle het my sommer in `n ander stoel neergeplak wat teenaan `n ander vrou was, wat ook bitter ontevrede was oor die toestand en swak diens van die salon waarna hulle haar ook gestuur het dit ook nadat sy `n afspraak gehad het by die ander salon. Die onprofesionele personeel wou sommer dat ek my toonnaels net daar en dan af"soak" met `n simpel regop stoel regs langs die ander vrou wat ook baie ontevrede was, Daar is 2 ringe met kleure vir my gegee om te kies...toe ek vra waar is die moderne kleure toe sê hulle dit is by die salon oorkant. Die een vrou het toe met 3 botteltjies gel by my aangekom wat ek van moet kies ...nee wat Sorbet ek is `n gekwaliseeerde skoonheidstepeut en nog nooit in al my jare het ek so `n klomp onprofesionele personeel om nie eens van die patetiese lelike stoor voorkom van die kamstige nuwe salon te praat nie, Ek het sumier my afspraak gekanseleer en na die mees profesionele voet salon in Tygervalei gegaan met die naam van Pedi/Main. Hulle het my onmiddelik gehelp en hulle personeel kon ek dadelik agterkom is opgelei en almal in die salon van die ontvangs tot die salon se voorkoms stoele aparate en produkte was van hoogstaande standaarde. My man het ook eendag na Sorbet Tygervalley gegaan vir `n pedi die dame wat sy voete gedoen het, het dit so hard geskuur dat die bloed uitgekom het,,,hy weier tot vandag toe nog om ooit weer soontoe te gaan. As mens na `n skoonheids /naels salon toe gaan wil dit `n treat wees nie `n marteling nie,,
Ons vra om verskoning vir wat gebeur het. Dit is nie die Sorbet-ervaring wat ons vir enige van ons gaste wil hê nie. Ons het dit eskaleer na ons gasbetrekkinge-afdeling, 'n verteenwoordiger sal ****ak maak.
Vriendelike groete,
Sorbet Group
Ons vra om verskoning vir wat gebeur het. Dit is nie die Sorbet-ervaring wat ons vir enige van ons gaste wil hê nie. Ons het dit eskaleer na ons gasbetrekkinge-afdeling, 'n verteenwoordiger sal ****ak maak.
Vriendelike groete,
Sorbet Group
