1 reviews | Active since Feb 2014
Still waiting
<p>Ek wil begin deur te verduidelik dat die groot meerderheid van vrouens wat vir behandelings gaan wat jou elke keer R1500-R2000 kos gewoonlik meeste van die tyd werkende vroue is, met die gevolg ons sal ons afsprake maak vir Saterdae of Sondae omdat ons "work ethic" van so aard is dat ons nie sulke goed in werksure doen nie. Al my afsprake is op 'n Saterdag, nog altyd gewees. So my laaste afspraak was op 4 Maart 12:30. Ek moet gaan vir my facial, full leg wax, underarm wax, lip wax, chin wax, full set nails, facial and gel toes. Julle kan self die sommetjie maak wat dit elke maand kos, en die rede waarom ek die geld noem is omdat ek verbaas is om te sien dat dit vir julle maklik is om so 'n klient te laat gaan, ek neem dan aan julle is permanent vol geboek met kliente. Soos ek genoem het was my afspraak vir 4 Maart ek kry toe 3 Maart 16:00 'n oproep van Tygervallei se Sorbet af dat ek nie meer die volgende dag kan kom vir my behandelings nie want AL die te****ute is siek, toe ek vra wanneer hulle my sal kan help, is daar vir my gese hulle kan my die Maandag Dinsdag Woensdag en Donderdag help om alles ingepas te kry na werk. Ek was stom geslaan want dit beteken ek moet elke dag na werk ( wat my gym tyd is) gaan en uit my pad uit ry vir elke dag die volgende week sodat ons alles gedoen kan kry. Ek het gese dit is onaanvaarbaar. Sy sou my terug gebel het om vir my te se hoe laat die volgende Saterdag sy my kan help. Nodeloos om te se ek wag nou nog. Dit is die 23 Maart! Intussen het ek met meer mense gesels wat soortgelyke diens ontvang het. Terwyl ek nou besig is moet ek nou ook sommer vertel van my vorige slegte ondervinding wat ek besluit het om daar te los. Ek het gegaan vir al hierdie treatments en die volgende dag het die gel op my nael begin oplig. Ek het fotos gevat en hulle gebel, hulle het gese ek moet dieselfde dag na werk gaan om dit reg te maak, uit my pad uit het ek dit toe maar gedoen, ek is 16:30 klaar gewerk en my afspraak wat hulle my kon help was 18:00, ek moes in die Spur gaan sit en koffie drink totdat die 18:00 was, toe ek daar kom het ek gevra om met die manager te praat sodat ek aan haar my ongelukkigheid kon verduidelik, ek het baie mooi met haar gepraat en verduidelik dat ek kan nie bekostig om terug te kom oor goed soos die nie (gel wat af dop) nie, ek het bloot net nie die tyd daarvoor nie, ek kan nie vir 'n uur en 'n half koffie drink terwyl ek by die huis met my kind en man kon gewees het nie. Sy het baie mooi verduidelik en ek was tevrede met haar antwoord en ek het gevoel dit is uitgesorteer. (Nodeloos om te se het die te****ut aangebied om my naels die volgende keer gratis te doen, iets wat ek maar net gelos het want dit was nie die rede waarom ek gekla het nie, ek is nie geintereseerd in "freebees" nie ek maak staat op profesionaliteit.)Totdat ek die volgende keer weer gekom het en een van die mense wat daar werk vir my gese het maar sy is nie die manager nie. Dit was 'n skok vir my om te hoor dat ek het gevra vir die manager en sy het haar voorgedoen as die manager. Indien ek wel met die manager gepraat het sou hulle 'n nota op my file gemaak het wat verduidelik (soos wat ek aan haar verduidelik het) dat ek kom nie laat vir my sessies nie, ek respekteer die besigheid en die te****ute se tye, so ek verwag dieselfde. Ek is nie 'n klient wat se ek kom en dan kom ek nie, of se ek kom 15:00 en dan kom ek 15:05 nie, ek is ALTYD vroer as wat ek moet wees. So as julle gewoond is om julle kliente te laat wag, laat wag dan die wat julle laat wag, maar respekteer die wat julle nooit laat wag nie, nooit 'n afspraak kanselleer nie, en nooit sommer nie opdaag nie. Ek moet in my werk professioneel optree so ek verwag om as ek betaal vir iets professioneel behandel te word. So die vorige slegte ondervinding met my naels het ek toe nou maar oorgesien en dit daar gelaat, maar nou, die keer wat ek steeds wag om te hoor vir 'n oplossing waarom hulle my die vorige dag laat bel en vir my se ek kan nie die volgende dag kom vir my behandelings nie en my nooit weer laat weet wanneer ek kan kom nie is totaal onaanvaarbaar!!! Ek is glad nie beindruk met hierdie tipe diens nie.</p>
