LVdM
Lizette Van der Merwe

1 reviews | Active since Nov 2016

14 Nov 2016, 11:05

Cell phone problem-Ms MM Strydom

14 November 2016

Hello Peter

Ek is Maria Magdalena Strydom, ID nommer: ********** 079085. My selfoonnommer is: ********** 147.
Ek is woonagtig by Moria Residentia in Krugersdorp-Noord. Soos u kan sien is ek amper 77 jaar oud, het ‘n mediese geskiedenis en is ‘n weduwee. Ek is al plus minus 20 jaar ‘n kliënt van Vodacom en is baie teleuresteld. Ek vind die personeel (die bestuurder is nooit volgens hulle beskikbaar nie), baie onbekwaam en nalatig by al die Vodacom takke wat ek al besoek het om te kla. Ek kan defnitief nie bekostig om amper R1000 en lugtyd aan ‘n selfoon te bestee nie. Nadat ek ingelig is dat ek op die duurste ****rak/pakket is (smart L), het ek gevra dat hulle my moet terugplaas na my oorspronklike ****rak waarmee ek begin het. Hiervoor moet ek plus minus R1700.00 betaal. Ek is desperaat en sal alles in my vermoë doen om Vodacom teë te staan. Kortom, indien ek nie satisfaksie kry voor die einde van die maand (November) nie, sal ek die debietorder by my bank stop, ‘n afskrif van die brief sal aan die bank beskikbaar gestel word, ook ‘n afskrif aan Beeld se “Tot u diens” en ‘n afskrif wat my toegang tot die “small claims court” kan gee. Die verskoning dat ek langer as 3 maande maande nie gekla het nie, is nonsens. Ek het 3 besoeke aan Vodacom Key West gebring, een aan Cradle Stone wat my op die huidige ****rak (glo die duurste) gesit het en 1 aan Vodacom Chat waar hulle ontdek het dat die Wi-Fi waarvoor ek elke maand R95-00 betaal nooit geaktiveer is nie. Geen wonder dat my rekenig so hoog is nie. Wat wil ek buitendien met 470 minute (huidig) en 1000 sms’se maak? Ek voel desperaat en weier om enige geld in te betaal om my klagte op te los. As dit nie reggestel word voor die einde van die maand nie, gaan ek dit nie los nie, maar veg tot die bittere einde toe.

Hier is ‘n opsomming van betalings gemaak aan Vodacom 2016:
1. 29 February 2016 - R1 047.50
2. 4 April 2016 - R 715.59
3. 29 April 2016 - R 529.73
4. 31 May 2016 - R 504.02
5. 30 June 2016 - R 981.91
6. 29 July 2016 - R 903.31
7. 31 August 2016 - R 904.10
8. 30 September 2016 - R 995.03
9. 31 October 2016 - R 942.49

Ek hoop van harte dat u my met hierdie probleem kan help.

Groete

Mev. MM Strydom

0
Replies (0)