1 reviews | Active since Oct 2017
Sol-Tech Elektrisies - Kleurblindheidstoets- nie voorafvereiste, na reeds 10 gevalle
My seun begin 2016 ambag in elektries. Sol-Tech het nie aanbeveel hy moet kleurblindheid toets doen nie. Na vrywaring vir werkswinkel geteken is en al die koste betaal is doen hulle in die middle van die jaar kleurblindheid toets. Hy kan nie verder elektries doen nie en duidende rande is in die water gegooi. Ons was onbewus van sy kleurblindheid. Hulle het al meer as 10 sulke gevalle gehad en maak dit steeds nie 'n voorafvereiste met inname nie. Kleurblind Elektrisien - lewensgevaarlik en gaan nie werk kry nie. Moes studies staak en res van sy jaar om wag om vlg jaar weer met nuwe studie rigting te begin. Student sit met die studielening en Sol-Tech het al 10 gevalle gehad. Geld maak is aan die orde van die dag hier. Na 10 gevalle is dit nog steeds nie 'n vooraf vereiste nie. Solidariteit kan my ongelukkig nie help nie, wonder of dit die moeite werk is om hulle en hul Bou Bou fonds nog te ondersteun.
