1 reviews | Active since Feb 2023
Die klagte is insake die tyd wat sy in die Masjinering Werkwinkel spandeer het (7 Maart-20 April 2022). Ons dogter (Dame X) het 38 van die 79 weke van die Gereedskapmakerkursus voltooi. Dame X Slaag die volgende gestandaardiseerde formatiewe assesserings in die Masjinering Werkwinkel (Boorhoekmeter (71%) 16 Maart 2022, Slyp van Boorpunte (83%) 17 Maart 2022 , Skerp maak van Beitelpunt (75%) 6 April 2022). Die eerste assessering ten opsigte van die Freesmasjien, was om ‘n beitelpunthouer te vervaardig. Opleidingsrekords toon 3 oop spasies vir die assessering. Gedurende haar tyd in die Masjinering Werkwinkel is daar beweer, dat daar vaardighede ten opsigte van die Freesmasjien is, wat sy nie kon bemeester nie, dis verbaal deur bestuur (Mx. Vanessa Verster Hoof: Onderrig en Opleiding, Mx. Schikkie Geldenhuys Adjunkhoof en Mx. Nico Dreyer Programhoof ) op 19 April 2022 aan myself en my man gekommunikeer. In hierdie vergadering kon geen van die bestuurslede enige formele assessering voorlê waar Dame X se vaardighede met betrekking tot die Freesmasjien ge-assesseer is nie. Met ander woorde die inligting wat deur die bestuur in die vergadering gekommunikeer is betreffende Dame X se vaardighede, was bloot hul eie opinie. ‘n Mens sou verwag dat een van die funksie van die bestuur sou wees om die integriteit van die kursus te behou. Uitsprake ten opsigte van ‘n student se vlak van vaardigheid moet gegrond wees op feite. Feite in die geval sou ‘n formatiewe assessering wees, wat sou bepaal of Dame X bevoeg is al dan. Soos reeds genoem, dui opleidingsrekords daarop dat geen assessering insake Dame X se vaardighede met betrekking tot die Freesmasjien gedoen is nie. By verdere navraag het Mx. Paul van Deventer (Besturende Direkteur Sol-Tech) skriftelik bevestig dat sy insake haar vaardighede met betrekking tot die Freesmasjien gedurende die periode 7 Maart - 4 April 2022 “ge-assesser” is. Chronologiese verloop van haar opleidingsrekords dui aan dat haar eerste dag by die Freesmasjien 7 April 2022 was. Dit kan dus nie waar wees dat sy gedurende 7 Maart tot 4 April 2022 met betrekking tot haar vaardighede by die Freesmasjien “ge-assesseer” is nie, want sy was nie fisies daar nie. Dan is daar die optrede van Mx. Leon van Wyk (Opleiding Spesialis en Meester ambagsman) in die Masjinering Werkwinkel. Reeds tydens Dame X se eerste dag in die Masjinering Werkwinkel, trap (“Dame in dié werkwinkel dra ons nie oormowwe nie”) hy haar uit omdat sy oormowwe dra en verneder haar voor al die ander Gereedskapmakerstudente. Met sy optrede verontagsaam bloot die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid 85 van 1993 en regulasies betreffende geraas in die werkplek. Hierdie optrede het niks te make met opleiding nie, dis bloot magsmisbruik en -vertoon. Op 7 April 2022 stuur hy haar huis toe, nadat sy skaars op die Freesmasjien begin het, met min of meer die volgende woorde.” Jy moet daaraan dink om jou studies te staak.” Op die 8ste April 2022 was sy terug in die Masjinering Werkwinkel, siende daar geen rede was waarom sy haar studies moes staak nie. Op 12 April 2022 nader Mx. Leon van Wyk my per e-pos vir ‘n vergadering, rakende Dame X se opleiding. In die e-pos beweer hy dat hy ‘n telefoniese gesprek met my gehad het, wat nooit plaasgevind het nie. Ek wag nou nog vir selfoon rekords vanaf Sol-Tech. Hy inisieer en reël die vergadering op ‘n datum waarop hy vooraf weet hy op verlof is. Ek was bereid om die vergadering te skuif sodat hy teenwoordig kon wees, dit was egter duidelik dat hy nie by die vergadering wou wees nie. Bring ek hierdie oneerelike en onetiese optrede onder die aandag van bestuur en Mx. P van Deventer, dan sê hul, hul stem saam met sy optrede. ‘n Mens sou verwag dat dit vir ‘n Besturende Direkteur kinderspeletjies sou gewees het, om hier eerlik, eties en met integriteit op te tree. Redelike optrede sou bloot wees om onvoorwaardelik verskoning aan te bied vir diegene by Sol-Tech wat hulle aan onaanvaarbare optrede skuldig gemaak het en die totale kursusgelde wat ons vir die kursus betaal het, terug te betaal. Die kersie op die koek is dan ‘n die brief van Mx. Paul van Deventer 24 Januarie 2023: “Toekomstige implikasies van fisiese uitdagings in terme van die integriteit van reeds hanteerde, sowel as toekomstige assesserings, waar toegewings tot op daardie stadium reeds gemaak is om die nodige ondersteuning aan die student te bied. Tot op die stadium van gesprekvoering, was baie toegewings reeds gemaak en hulp verleen – juis die rede waarom assesering tot op hede suksesvol kon plaasvind en eenvoudige take as “bevoegd” geslaag is.“ Hierdie uitlating is bloot bog en bring die integriteit van die kursus en die Opleidingsinstelling in gedrang. Dame X is aan dieselfde assesseringsproses as al die ander student onderwerp en het assesserings regmatig geslaag. Hierdie optrede herinner aan die praktyk dat ‘n vrou dieselfde kursus/ taak as ‘n man suskses voltooi, maar die vrou sal eers erkenning daarvoor kry as ‘n man in ‘n magsposisie die regmerk gee om te sê, sy het nou die taak/ kursus suksesvol geslaag. Enige dinamiese instelling het al dié praktyk in die vorige eeu agter gelaat. Dis nou nie “Rocket Science” om tot die gevolgtrekking te kom dat Dame X nie ‘n katse kans gestaan het nie. Wil jy nou meer, Dame X slaag alle gestandaardiseerde formatiewe assesserings in die praktiese fase tot en met haar noodgedwonge staking van haar kursus. ‘n Mens sou kon dink dat die Besturende direkteur haar graag sou gelukwens, maar moenie glo nie hy beweer eerder dat sy die assesserings op ‘n onregmatige wyse geslaag het. Dis absurd en belaglik. Dalk is daar van die Direkteure by Sol-Tech wat graag eerlik, eties en met intergriteit wil optree. Vir so ‘n Direkteur/e sal dit nie moeilik wees om daadwerklike op te tree, sodat daar nie nog student aan hierdie tipe optrede onderwerp of blootgestel word nie. Dame X het alle redelike stappe geneem om ‘n sukses van haar kursus te maak. Sy’t 100% klas bywoning, die teoretiese komponent geslaag. Sy slaag alle gestandaardiseerde formatiewe assesserings in die praktiese fase tot en met haar noodgedwonge staking van haar kursus in die Masjinering Werkwinkel. Sy kon nie die optrede deur personeel van Sol-Tech, voorsien het nie. Die vraag is nou, wie het vir hierdie gelag betaal? Dis ons, Dame X met haar tyd en energie en ons as ouers met ons geld. Al raad wat ek aan verbruikers daar buite het, is om eerder jul geldjies onder die matras te bêre dis baie veiliger daar.
Best regards,
Best regards,
8 total reviews on Hellopeter