HS
Hanli S

1 reviews | Active since Feb 2023

01 Nov 2023, 13:08

Opleiding by Sol-Tech wek ernstige kommer

Ons dogter (Dame X) het 38 van die 79 weke van die Gereedskapmakerkursus (SAQA ID:91796) Kurrikulumkode: *** voltooi. Hierdie Klagte is spesifiek insake tyd wat Dame X in die masjinering werkwinkel spandeer het (7 Maart-20 April 2022) en moet saam met my 2 vorige plasings op Hellopeter gelees word 2 Junie en 19 Augustus 2023. Ek reageer graag op Meneer van Deventer se plasing van 21 Augustus 2023 op Hellopeter. U is welkom om nuwe inligting na die tafel te bring om die feite wat ek reeds op die tafel geplaas het, te weerlê. Om ‘n formele klag te lê by regulatoriese owerhede is ook iets wat ‘n mens met omsigtigheid aanpak, omdat dit ook verreikende gevolge vir Sol-Tech kan inhou. Dit staan my nog steeds vry om die saak na die regulatoriese owerheid te neem. Ek stem inderdaad saam met Mnr. Van Deventer: “omstandighede buite die student se beheer uitdagings inhou wat ons noodsaak om aan te spreek.” Mnr. Van Deventer se plasing op Hellopeter 23 Augustus 2023. 1 Daar’s 3 komponente wat suksesvol afgehandel moet word ten einde die Beroepsertifikaat: Gereedskapmaker te kan verwerf, naamlik opleiding ten opsigte van teoretiese en praktiese modules, werksplekopleiding en aflê van die vaktoets. Sol-Tech gee opleiding met betrekking tot die teoretiese modules en praktiese modules ten opsigte van die Beroepsertifikaat: Gereedskapmaker. Werksplekopleiding (indiensopleidingsfase) en vaktoets aflegging word nie deur Sol-Tech aan gebied nie en dis dienste wat deur ander onafhanklike diensvers******s gelewer word. Tydens ‘n vegadering met bestuur. (Mx. Vanessa Verster Hoof: Onderrig en Opleiding, Mx. Schikkie Geldenhuys Adjunkhoof en Mx. Nico Dreyer Programhoof ) op 19 April 2022,stel bestuur toe ‘n nuwe voorwaarde, as voorvereiste vir Dame X om haar kursus voort te sit. Skriftelik bevestig deur Mnr. Van Deventer brief 22 Julie 2022.”Voortsetting van die leerprogram met die proviso van ‘n vrywaring in terme van die werkplek komponent en afneem van die ambagstoets.” Die keuse vir Dame X is dan of sy teken die vrywaringsvorm of staak haar kursus. Daar is 2 probleme hier: 1.1 Daar kan tog nie van die student (Dame X) verwag om ‘n vrywaringsvorm te teken ten opsigte van komponte wat buite die kurrikulum val, wat Sol-Tech aanbied nie. 1.2 Dit werk bloot ook nie so dat ‘n opleidingsinstelling halfpad deur ‘n kursus nuwe vereistes kan stel, waaraan ‘n student moet voldoen en dit as voorwaarde stel vir die voortsetting van die kursus nie. In die geval, val die vereiste wat gestel is, ook buite die kurrikulum vir die opleiding wat die opleidingsinstelling moet gee. 2 Wat betref die opleiding by Sol-Tech. Die Kurrikulumdokument spesifiseer in die fynste detail die leerinhoud (kurrikulum) van die Gereedskapmakerkursus (Kurrikulumkode: ***).Dit dui duidelik aan watter modules (prakties en teoreties) ingesluit is, asook die leereenhede en die leeruitkomste wat suksesvol geslaag moet word ten einde die teoretiese en praktiese modules suksesvol te voltooi by Sol-Tech. Om te bepaal of ‘n student die leeruitkomste suksesvol slaag, word dit gedoen aan die hand van gestandaardiseerde assesserings . Die uit**** van die gestandaardiseerde assesserings word vervat in die opleidingsrekords. Die opleidingsrekords dui dan duidelik aan watter leereenhede en modules suksesvol geslaag is, al dan nie. Opleidingsrekords by Sol-Tech toon duidelik aan dat Dame X die teoretiese komponent van die Gereedskapmakerkursus suksesvol geslaag het, asook alle Formatiewe Assesserings in die praktiese komponent tot en met haar noodgedwonge staking van haar kursus. Gestandaardiseerde assesserings wat Dame X in lyn met die kurrikulumdokument suksesvol geslaag het en gerugsteun word deur opleidingsrekords, het sy Aldus Mnr. Van Deventer nie regmatig verwerf nie. Ek haal direk aan van ‘n brief deur Mnr. Van Deventer 24 Januarie 2023. “Toekomstige implikasies van fisiese uitdagings in terme van die integriteit van reeds hanteerde, sowel as toekomstige assesserings, waar toegewings tot op daardie stadium reeds gemaak is om die nodige ondersteuning aan die student te bied. Tot op die stadium van gesprekvoering, was baie toegewings reeds gemaak en hulp verleen – juis die rede waarom assesering tot op hede suksesvol kon plaasvind en eenvoudige take as “bevoegd” geslaag is.” 2.1 Hierdie bewering behoort in ‘n baie ernstige lig gesien te word. Indien dit waar is, dui dit op ernstige ongeruimdhede en behoort dringend en indringend ondersoek te word. Dit plaas nie net die integriteit van die kursus, maar ook Sol-Tech as opleidingsinstelling in gedrang. 2.2 Mnr. Van Deventer u beweer onder andere dat daar ekstra toegewings vir haar gemaak is en dat sy ekstra hulp ontvang het en daarom het sy die assesserings suksesvol geslaag. Ek ontvang graag bewyse in die verband. 2.3 Wat betref “fisiese uitdagings” is daar geen leereenheid, leeruitkoms of module met die naam in die kurrikulum vir die kursus nie en val dus bloot buite die kurrikulum van die kursus. Die kursus (Kurrikulumkode: ***) maak bloot voorsiening vir goed gedefinieerde leeruitkomste wat ‘n student suksesvol moet slaag aan die hand van gestandaardiseerde assesserings om te bepaal of ‘n student ‘n bepaalde leereenheid suksesvol voltooi het al dan nie. 3 As jy inskryf by ‘n opleidingsinstelling in die geval Sol-Tech verwag ‘n mens professionele diens. Dit behels dat Sol-Tech bloot die opleiding moes gee volgens die kurrikulum (Kurrikulumkode: ***) , soos voorgeskryf in die kurrikulumdokument vir die Beroepsertifikaat: Gereedskapmaker. Ons het duur betaal vir ‘n kursus, Dame X het 38 van die 79 weke voltooi, toe besluit bestuur (Mx. Vanessa Verster Hoof: Onderrig en Opleiding, Mx. Schikkie Geldenhuys Adjunkhoof en Mx. Nico Dreyer Programhoof) om af te wyk van die kurrikulum vir die kursus. Die optrede is ook deur Mnr. Van Deventer (Besturende Direkteur) ondersteun. Hy het nie net hierdie gedrag ondersteun nie, maar toe ook beweer dat Dame X die leeruitkomste wat sy reeds suksesvol geslaag het en gerugsteun word deur die opleidingsrekords, onregmatig geslaag het. Daar’s geen maatreëls by Sol-Tech in plek om die student se reg om te alle tye olpeiding te ontvang wat in lyn met die kurrikulum is, te beskerm nie. ‘n Student kan nie aan sulke optrede uitgelewer word nie en sy’t geen ander keuse gehad asom haar kursus noodgedwonge te staak nie. Die optrede van personeel (soos uitgewys) het direk tot gevolg gehad, dat Dame X haar kursus moes staak. Dame X het alles in haar vermoë gedoen om ‘n sukses van haar kursus te maak 100% klas bywoning, vir elke gestandaardiseerde assessering op gedaag en haar uitslae is vervat in opleidingsrekords. Die vraag is. Hoe nou gemaak? Tree ek in gesprek met Mnr. Van Deventer dan het hy net 2 antwoorde. Hou net in gedagte Dame X het self haar kursus gestaak en “verdraaide feite en valse aantygings.”

0
Replies (0)