1 reviews | Active since Feb 2023
Die klagte is insake die tyd wat sy in die Masjinering Werkwinkel spandeer het (7 Maart-20 April 2022). Ons dogter (Dame X) het 38 van die 79 weke van die Gereedskapmakerkursus voltooi. Lees saam met 3 plasings 2 Junie , 19 Augustus en 1 November 2023. Die probleme het in die werkswinkel begin met die Groot Kaas (Mnr. Leon van Wyk ). Die Groot Kaas is baas en jy klaas. Sy woord is wet. Dat daar ‘n kurrikulum is, ‘n professional diens gelewer behoort te word vir fooie wat betaal is, Beroepsgesondheid wetgewing is en dat mense met respek behandel behoort te word, is net van geen belang nie. Op haar eerste dag in die werkwinkel, behandel hy Dame X reeds met absolute minagting . 7 April 2022 begin Dame X met opleiding by die Freesmasjien. Skaars begin toe doen hy ‘n “kits assesering” van haar vaardighede met betrekking tot die Freesmasjien. Hierdie is sommer ‘n assessering wat hy self opgemaak het en val buite die kurrikulum vir die kursus. Dis ook nie hoe dit gedoen word nie. ‘n Student ontvang eers die opleiding, kry kans om dit in te oefen en word dan ge-assesseer. Op grond van die “kits asessering” stuur hy Dame X huis toe met min of meer die woorde “Jy moet daaraan dink om jou studies te staak”. Tot Mnr. Van Wyk se spyt/verbasing is Dame X terug op die 8ste April 2022. Hoe durf sy dit waag om weer op te daag, want die Groot Kaas se woord is wet. Dis toe dat hy die vergadering vir 19 April 2022 reël en die Groot Kaas toe soos ‘n groot speld verdwyn. Die vergadering met bestuur (Me Vanessa Verster, Mnr. Schikkie Geldenhuys en Mnr. Nico Dreyer) op 19 April 2022 was ‘n klug. Dis tydens dié vergadering dat bestuur toe met die belaglike storie kom dat Dame X nou ‘n vrywaring moet teken ten opsigte van vaktoetsaflegging en werksplasing, alvorens sy kan voortgaan met haar kursus. Op hierdie stadium het dit lankal nie meer oor die kursus gegaan, waarvoor Dame X ingeskryf het nie, maar oor wie Mnr. Van Wyk besluit in die werkswinkel mag wees en wie nie. Die enigste doel met die vergadering was om doodseker te maak dat Dame X haar kursus staak en dat dit moes lyk asof sy self haar kursus gestaak het en dat dit nie noodgedwonge was nie. Om hierdie toe te smeer het daar nog bogstories deur Mnr. Van Deventer gevolg, ek noem twee hier. Dame X se vaardighede met betrekking tot die Freesmasjien is glo gedurende die periode 7 Maart - 4 April 2022 “ge-assesser”. Net een probleem, sys’t eers 7 April 2022 met haar opleiding by die Freesmasjien begin. Die ander is dat Dame X die assesserings wat sy volgens opleidingsrekords suksesvol geslaag het, volgens Mnr. Van Deventer op onregmatige wyse geslaag het. Feite is: Daar is geen Gestandaardiseerde assessering in lyn met die kurrikulumdokument by Sol- Tech uitgevoer, insake Dame X se vaardighede met betrekking tot die Freesmasjien nie. Ek wag nog vir bewyse vanaf Mnr. Van Deventer van die assesserings wat Dame X Aldus hom, op onregmatige wyse geslaag het. Kortom moenie jou tyd en geld hier mors nie, hierdie is sommer ‘n boereverneukery. Of as jy vrywillig wil aanmeld vir bloedneus kry en om geboelie te word en dit nog boonop self finansier, is hierdie die plek vir jou. Hierdie optrede is ‘n uitstekende voorbeeld van die volgende. Wanneer die vermoë ontbreek om eerlik, eties en met integriteit op te tree word daar terug geval na wat maklik is om te doen, soos in die geval bog praat en boelie. By Sol-Tech is daar “groot” persoonlikhede met nog groter opinies en jakkalsdraaie en die student (Dame X) en die kursus wat Sol-Tech veronderstel was om aan te bied van geen belang nie.
8 total reviews on Hellopeter