PB
Piet B

1 reviews | Active since Sept 2024

02 Oct 2024, 13:04

Bedrog!!!. OP aandelemark

Gedurende Junie 2024, het ek op Facebook gesien hoe mense geld maak op die aandelemark . Ek het een blad oopgemaak, toe kom daar 'n man, THOMAS HARTZENBERG met 'n aanbod vir my. Ek kon dit probeer het hy aanbeveel, met so min as R1900.00 en sou gou resultate sien. Hy het my toe op SOLISMAKET help registreer op 'n REAL ACC. No 130108. Dit het tot my verrassing doed gegaan, en in Julie maand besluit om my rekening toe te maak en te ontrek. Hy het my daarmee gehelp en R1334.00 wins gemaak. Een deel is in my ABSA rekening gedeponeer, die ander deel het hy gesê moet hy " wire", dit het ek toe ook ontvang. Toe kom hy terug en vra my om R20.000.00 te belê en sou teen einde SEPTEMBER tussen R30.000 en R40000.00 wins maak omdat die mark baie goed gewees het, en ek dit dan kon ontrek. 29 September 2024 die oggend het ek toe vir hom 'n Email gestuur na SOLISMAKET, om hom te laat weet om die rekening te sluit en die geld moet uitbetaal. Dit het toe op $ 1,764.42 wins gestaan. Ek het die "withdrawal " vorm ingevul en daardie bedrag ingevul. Toe laat "SOLISMAKET" my daarop weet dat die bedrag nie reg is nie, en ek my "account manager " moet ****ak om my te help. Toe ek weer my rekening tien min. later oopmaak om Thomas HARTZENBERG te ****ak, is ek in die rooi mmet alles. Tot vandag is daar geen ****r van hom nie. Gister 1/10/2024 stuur ek toe vir SOLISMAKET 'n Email om te hoor wat aangaan en of ek met THOMAS HARTZENBERG kan praat om my by te staan. Ek kry toe 'n Email van 'n AMANDA MYFTARAGO van SOLISMAKET wat my mee deel dat daar nie 'n THOMAS HARTZENBERG by hulle is nie. Ek het fotostate van die hele besigheid asook my registrasie by hulle. Kan sien hoe die beurs handel!. Was hier plek kon ek daardie fotos gelaai het vir julle om te sien. Ek dink dit is 'n skande dat ou mense deur sulke "slime bolls" ingeloop word!. Nadat hy my hoeveel keer gesê het dat ek hom kan vertrou. EN NOG STEEDS GAAN DAARDIE REKENING AAN. ENIGEEN WAT WIL, KAN EK DIE INLIGTING VAN MY GEE, OM DAAROP IN TE GAAN. HOE KAN JY BY HULLE GEREGISTREER WEES, EN DIE EERSTE TRANSAKSIE MET WINS AF GESLUIT GEWORD HET?!. Nou het Jy alles verloor binne 10 min.?!!!.

0
Replies (2)
SolisMarkets
SolisMarkets's reply10 Oct 2024, 10:34
Official
Geagte Kliënt,

Dankie dat u hierdie saak onder ons aandag gebring het. Ons verstaan u frustrasie en is hier om te help om die kwessie op te los.

Ons kan bevestig dat Thomas Hartzenberg wel ‘n werknemer van Solismarkets is. Ons vra omverskoning vir enige verwarring wat moontlik ontstaan het rakende sy assosiasie met ons maatskappy. Ons doel is om seker te maak dat alle interaksies met ons span deursigtig en ondersteunend is.

****ak asseblief ons kliëntedienspan direk sodat ons u bekommernisse kan aanspreek, die saak kan ondersoek, en saam met u kan werk om ‘n oplossing te vind. Ons waardeer u vertroue en is daartoe verbind om u by te staan deur hierdie proses.

Dankie vir u geduld, en ons sien uit daarna om dit vir u op te los.

Vriendelike groete,
Solismarkets Kliëntediens
PB
Piet B's update10 Oct 2024, 19:39
Reviewer Update
Al wat ek wou hê was dat my deposito terug betaal word !. Die eerste keer het ek wel alles terug gekry saam met die wins. Toe ek aansoek gedoen het toe my rekening op $1,734 getaan het, het dit ewe skielik, 10 minute later alles in die rooi gewees ?!. Sedert dien het ek nog niecweer van Thomas HARTZENBERG gehoor om my te help nie. Dit is vir my oneties en lyk vir my na bedrog. Hoe kon ek skielik alles verloor nadat ek aansoek gedoen het om my geld uit te betaal.!. Dit is onaanvaarbaar. Ek verdien 'n klein pension, en Thomas HARTZENBERG het my gevra om hom te vertrou?!. En nou gebeur dit met my!. $1,734 .36 net weg, en hy kan my nie ****ak nie?.
Baie dankie vir julle samewerking in die saak. R20,000.00 is vir my soos 1 miljoen vir ander mense !. Ek is baie teleur gestel!.
Weer eens dankie vir jul terugvoer , el waardeer dit hoor!.
***